About the Author(s)


Malan Nel Email symbol
Department of Practical Theology and Mission Studies, Faculty of Theology and Religion, University of Pretoria, Pretoria, South Africa

Citation


Nel, M., 2025, ‘Die wese van onderrig’, Verbum et Ecclesia 46(2), a3277. https://doi.org/10.4102/ve.v46i2.3277

Note: Special Collection: The manuscript is a contribution to the themed collection titled ‘Geloofsreis. Inwyding, Begeleiding en Onderskeiding nuut ontdek’ under the expert guidance of guest editor Prof. Malan Nel.

Original Research

Die wese van onderrig

Malan Nel

Received: 14 Aug. 2024; Accepted: 15 Sept. 2024; Published: 27 Feb. 2025

Copyright: © 2025. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract

The essence of teaching. This article is a reflection on significant empirical qualitative research done within four Afrikaans-speaking denominations in South Africa. The research was prompted by a request from one such denomination experiencing a serious challenge in what is called ‘kategese’ in Afrikaans-speaking Reformed churches. The process of registering a research project within the Department of Practical Theology and Mission Studies was done accordingly and the necessary ethical clearance was obtained. After 123 qualitative interviews and the scientific analysis of the data, it was decided to theologically reflect on the nine most outstanding concepts deriving from the analysis. This article has a twofold purpose: it describes the empirical research process; and secondly, it reflects theologically on the essence of the didache as a ministry.

Intradisciplinary and/ or Interdisciplinary implications: In the process, the multi-disciplinary nature of the didache is obvious. In the article planned to follow on this one, it is even more obvious, but in this article, the importance of the Biblical Sciences, Systematic Theology and Congregational Studies are easy to recognise.

Keywords: research process; empirical process; didache; initiation; guidance; discernment; chokma; disciple; discipling; faith development; life as journey.

Die pad van regverdiges is soos die helder oggendlig – dit verhelder geleidelik tot die volle dag.1

Inleidend

Hierdie artikel2 het ’n dubbele doel met die plasing daarvan in die Supplementum getiteld Geloofsreis: Inwyding, Begeleiding en Onderskeiding nuut ontdek. Eerstens word inligting gedeel oor die navorsing wat tot die publikasie gelei het; en tweedens wil dit die leser inlei in die navorsingspan se verstaan van die wese van die didache [die bediening van onderrig]. Hierdie tweede doel word regdeur die publikasie gedien. Elke artikel is ’n teologiese refleksie op ’n konsep wat vanuit die analise van die navorsingsdata kom.

Die empiriese deel van die reis

Hierdie navorsingsprojek is in 2021 gebore. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) het ’n versoek aan prof Yolanda Dreyer gerig met vrae oor die kategese. Malan Nel was op daardie stadium voorsitter van ’n gesamentlike navorsingsgroep bestaande uit homself en prof Dreyer oor geloofsontwikkeling en jeugbediening. Op haar versoek het Nel hierdie groep op 19 Augustus 2021 byeengeroep. Twee verteenwoordigers van die NHKA het ’n voorlegging gemaak. Na kort teologiese insette deur Johan Avenant en Malan Nel het die groep besluit om sodanige navorsing te onderneem. Aan Malan Nel is die taak opgedra om ’n navorsingsgroep by die Departement Praktiese Teologie en Missiologie aan die Universiteit van Pretoria te registreer en aan ’n navorsingsvoorstel te werk. ’n Kernnavorsingspan is in Oktober 2021 registreer. Die groep bestaan uit drie verteenwoordigers van die Departement Praktiese Teologie en Missiologie aan die Universiteit van Pretoria en een lid elk van die Teologiese Fakulteit aan die Noord-Wes Universiteit, die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit Stellenbosch.

Nadat die navorsingsvoorstel deur hierdie ses akademici aanvaar is, is vier Afrikaanssprekende denominasies genader om minstens twee leraars, wat met hierdie navorsing kan help, aan te wys. Die volgende denominasies het samewerking goedgekeur en verteenwoordigers benoem: die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA), die Afrikaanssprekende deel van die Uniting Reformed Church in Southern Africa (Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika), die NHKA en die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK). Dit het meegebring dat die totale navorsingspan uit ses akademici en nege leraars vanuit die betrokke denominasies bestaan het.

As groep is besluit om ’n kwalitatiewe empiriese navorsingsprojek te onderneem. Die databron is saamgestel uit drie kategorieë persone wat in hierdie ondersoek krities is: leraars, kategete en adolessente wat onlangs die proses van onderrig en, soos tans nog bekend, belydenis van geloof afgelê het.

Die breë onderskeidings-prinsipe vir die identifisering van die gemeentes per denominasie was gemeentes waar ons (binne hierdie span), in oorleg met persone binne die denominasie, waarneem dat daar met kategese of geloofsontwikkeling erns gemaak word.

Die nodige etiese klaring is van die Fakulteit vir Teologie en Godsdiens, Universiteit van Pretoria verkry. Elke leraar, kategeet en adolessent (18 jaar plus) het die nodige toestemming tot deelname aan die kwalitatiewe onderhoude verleen. Die databron (Tabel 1) het uiteindelik soos volg daar uitgesien:3

TABEL 1: Toestemmingsbriewe databron.

Lede van die navorsingspan het met elkeen van hierdie mede-navorsers ’n volledige gestruktureerde onderhoud gevoer. Die onderhoude is met die nodige toestemming opgeneem en getranskribeer. Die vraeboog is deur die groter navorsingspan goedgekeur. Vir die leraars en die kategete is dieselfde stel vrae gebruik, maar vir die adolessente is ’n afsonderlike vraeboog saamgestel. Hierdie vraeboë is op aanvraag by Malan Nel, die outeur van hierdie artikel wat ook as koördineerder van die projek opgetree het, beskikbaar.

Die ingesamelde data is deur middel van die wetenskaplike analise program Atlas.ti en deur dr Nicolaas Matthee ontleed.4 Daar is volledig verslag gedoen aan elkeen van die drie groepe wat aan die navorsing deelgeneem het ten opsigte van die konsepte wat uit die onderhoude na vore gekom het. Malan Nel het vanuit hierdie gedetailleerde verslag ’n samevatting van die kernsake met die analis gekontroleer en hierdie samevatting het tot die onderskeiding in die eerste nege artikels in hierdie bundel gelei. Die gedetailleerde analitiese verslag en die samevatting (met verwysings na die detail binne die volledige verslag) is aan elkeen van die outeurs voorsien.

Die navorsingspan het ooreengekom dat daar ’n eerste en tweede leser vir elkeen van hierdie artikels gevind word. Die bedoeling is dat hierdie lesers dringend aandag gee aan die navorsingsdoel soos hieronder gestel en, met die doel in gedagte, die artikels krities lees. Binne die vakgebied van die Praktiese Teologie word hiermee doelbewus gesoek na die verryking van die strategiese dimensie van die vak: Wat maak ons met dit wat ons teoreties en empiries weet? Die benadering tot die vak deur sowel Osmer5 en Heitink6 gaan nie net oor ’n nuwe prakties-teologiese teorie nie, maar ook oor ’n nuwe praktyk.

Die navorsingsprobleem en vrae

Na deeglike onderlinge beraadslaging is op die onderstaande formulering van die probleem, vrae en doel ooreengekom.

Navorsingsprobleem

Die huidige kategese in gemeentes berei nie kinders en adolessente voor om ook as deel van hulle geloofgemeenskappe in die lewensreis as dissipels van Christus te volhard en om deel te neem aan die maak van dissipels in hulle gesinne en beroepslewens nie. Hierdie probleem sluit in dat diegene wat hierdie kinders en adolessente in hulle geloofsontwikkeling begelei (ouer[s] en kategete) nie genoegsaam toegerus is of toegerus word om binne en as deel van ’n inklusiewe geloofsgemeenskap hierdie begeleiding te doen nie. En selfs wanneer dit sou wees, is die leerstof nie altyd genoegsaam belyn en hou nie altyd rekening met die ontwikkelingsfases van die kind en adolessent nie.

Addisionele navorsingsvrae

Benewens eersgenoemde, blyk dit ook dat daar ’n algemene verstaan is dat adolessente na aflegging van geloofsbelydenis ‘uitval’. Na aanleiding hiervan is daar verdere navorsingsvrae wat hierdie studie gaan ondersoek:

  • Wat word met ‘uitval’ onder kerkleierskap verstaan?
  • Hoe verstaan die adolessent en die jeug hierdie konsep ‘uitval’?
  • Word daar dalk met die sterk beklemtoning van die tradisionele belydenis van geloof die indruk geskep dat hierdie mylpaal die eindbestemming van die geestelike reis is?
  • Is daar genoegsame ruimtes of opsies vir jongmense om by die gemeente in te skakel? Of anders gestel: Watter ander ruimtes of opsies is daar vir jongmense om by die gemeente in te skakel en hulle geloof uit te leef?
  • Wat is die katkisant (kinders en adolessent) se mening van die huidige leerstof?

Navorsingsdoel

Die navorsingsdoel is:

  • ’n Omvattende empiriese ondersoek om die omvang en detail van wat gemeentes op grondvlak ervaar, na te spoor.
  • Deeglike wetenskaplike besinning en literatuurnavorsing oor die konsepte wat vanuit die empiriese ondersoek blyk.
  • Om versigtig, maar intensioneel antwoorde te soek na ’n ‘beter’ weg vorentoe vir die geloofsontwikkeling van kinders en adolessente deur ’n ouer of ouers en gemeentes.

Die teologie wat die reis begelei: Waarmee is ons besig?

Die tweede doel van hierdie artikel is om rekenskap te gee van wat tot die wese van die bediening van die didache [onderrig] behoort. Waarmee is die kerk besig wanneer daar na die bevordering van die geloofsontwikkeling van gedoopte mense gesoek word?

Baie het dit al op baie maniere gestel (vgl die klassieke bydrae van Bijlsma).7 Malan Nel oriënteer hierdie bydrae na aanleiding van die navorsing van die praktiese teoloog, Jaap Firet8 wat Malan wesenlik beïnvloed en sy denke gevorm het. Firet se begrippe-apparaat het die vakgebied dwarsdeur die wêreld beïnvloed.

In sy beskrywing van die didache as modus van God se koms na die kerk, werk Firet met drie sentrale teologiese begrippe uit die Ou Testament, naamlik inwyding, begeleiding en onderskeiding. Voordat daar na hierdie drie begrippe teruggekom word, is dit nodig om ’n verstaan van geloofsontwikkeling kortliks te bespreek.

Geloofsontwikkeling
Die lewe as ’n reis
  • In oud-Israel is die lewe as ’n reis met ’n bestemming gesien. Na my beskeie oordeel sluit Jesus se oproep tot navolging van Hom direk hierby aan. Jesus se roep tot dissipelskap is ’n inroep in ’n lewe waar die lewe ’n reis word van ‘leer van My hoe om die lewensreis te reis’; ‘leer van My hoe om die lewe as reis te geniet en leef’. Die fisiese roep tot navolging word in die Nuwe Testament ’n roep om lewenslank te leer (manthanein) wat lewensgehalte in gemeenskap met Christus is en hoe hierdie lewe waarde kry, geleef en geniet word. Sou ons Kolossense 3:1–4 in hierdie gesprek betrek, is dit ’n oproep om die lewe te soek waar daar lewe te vind is – in Hom wat ons lewe is.9
  • In hierdie publikasie val geloofsontwikkeling binne hierdie verstaan van die lewe as reis binne ’n verhouding met God Drie-enig – ’n reis binne die verhouding wat deur God geïnisieer is en onderhou word. Eenvoudig verstaan: die geloof waarmee ‘ek’ antwoord op die oproep om te volg, word ’n lewenslange leer van hoe om met hierdie God in ‘my’ lewe rekening te hou. Daarin lê die ‘ontwikkkeling’.10 En juis daarmee het elkeen van ons hulp nodig. Niemand is alleen op pad nie; ons is geskep om saam te wees. Ons menswees vind sin in ons saamwees. Ons menswees word grootliks deur ons saamwees bepaal.11
  • In en vir ons lewensreis is ’n groeiende verhoudings kennis krities belangrik. Dit is ons kennis wat groei en ontwikkel. Ons leer die Een ken wat ons volg en van wie ons leer om die lewe met kwaliteit te leef. Ons leer Hom al beter ken en juis hiervoor is sy woorde belangrik. In die woorde van Jesus leer ons om in sy woorde te bly.12 Vanuit die empiriese navorsing wat tot hierdie publikasie lei, mag dit afgelei word dat die kerk deur die eeue hierin gefaal het. ‘Ons bly in Hom en in sy woorde’ het verword tot die bymekaarmaak en oordra van inligting aangaande Hom. Nadat jong lidmate hierdie inligting in die kategese bymekaargemaak het, is hulle klaar daarmee. In terme van dissipelskap behoort dit tog anders te wees. ‘Faith then is always participating in the arc of Jesus’s cross and resurrection by having your person ministered to and ministering to others.’13
  • Dit is juis hierdie kennis van Hom en sy woorde wat belangrik is vir lewenskwaliteit. Ons word daarom geroep tot ’n nuwe verstaan van ‘leer’ as ’n verhoudingskonsep eerder as ’n inligtingskonsep. Die geloof wat God aan ons geskenk het en wat tot ’n lewensveranderende verhouding met God lei, ontwikkel deurdat ons leer om met beter en meer insig van wie Hy is en hoe Hy dink (soos in sy woorde bekend geword) te onderskei hoe om met God rekening te hou en die beste in die lewe te kies en na te jaag.14
Geloofsontwikkeling en dissipelskap
  • In 2009 verskyn ’n artikel met die tema ‘Inviting and initiating youth into a life of discipleship’.15 Nel is steeds, en selfs meer as in 2009, oortuig dat wanneer didache ernstig opgeneem word, ons verplig is om dissipelskap ernstig te neem. Firet stel dit so: ‘In the “didache” God points out a new way of life’.16 Voordat daar in meer detail na die beskrywing van die didache (Firet) teruggekom word, is dit nodig om die dimensie van lewe as dissipelskap, en andersom, ietwat verder uit te pak binne die doel van hierdie artikel.

    Aansluiting word op twee vlakke by Van Aarde17 gevind: Eerstens, die kritiese belang van die taak om dissipels te maak:

    Matteus 28:16–20 is al beskryf as die manifesto18 van die kerk – ’n manifesto wat op dieselfde vlak van waarde lê as die Shema van Israel:19‘Hoor, Israel, die Here ons God is die enigste Here’. Hierdie manifesto wil vir ons sê hoe nuut anders ons moet dink oor hoe mense inkom en hoe mense binne bly. Die ‘inkom’ en die ‘binne bly’ geskied egter nie sonder spanning nie. Hierdie manifesto moet gesien word in die lig van die kruis- en opstandingsvertelling in Matteus: die afsterf van ’n ou bedeling en ’n aanbreek van ’n radikale nuwe bedeling.20 In hierdie radikale nuwe bedeling vind jy volgens Matteus die onvolledige kerk wat nie meer soos die 12 van ouds aanspraak kan maak op menslike afgerondheid nie – die twaalftal het na die wegval van Judas Iskariot die elftal geword, die gebroke kerk, die ‘sondaarskerk’. Hierdie gebroke kerk kry die groot sendingopdrag – nie ’n volmaakte kerk nie, maar ’n onvolmaakte kerk, die elevenish21 kerk.

    Dit is juis hierdie kritiese missionale denkraamwerk wat nuwe dimensies in die onderrig van die kerk open. Wanneer die kerk binne ’n paradigma van ’n kultuur-gedomineerde klub vasgevang is, verword onderrig tot ‘behou wat ons het’.22 Wanneer die ‘manifesto’ van die kerk vervaag, verval onderrig tot skolastiese slaagprestasies. Onderrig behoort plaas te vind binne ’n verstaan van die gemeente as wesenlik missionaal.

    In die woorde van Brunner: 23

    The Church exists by mission, just as a fire exists by burning. Where there is no mission, there is no Church; and where there is neither Church nor mission, there is no faith

    Tweedens, die gemaklike manier wat in Matteus 28:19 geïmpliseer word:

    Hierdie onvolmaakte kerk kry die opdrag om van alle mense dissipels te maak. Vroeër is gedink, byvoorbeeld deur die Londense Sending-genootskap in die vroeg-negentiende eeu, dat die kern van die opdrag van sending aan die kerk daarin lê dat sendelinge moes gaan – na verre lande moes gaan. In Matteus se ‘groot sendingopdrag’ kom die woord ‘gaan’ (poreuthentes – Matt 28:19) nie in die grammatiese vorm van ’n opdrag voor nie, maar in dié van ’n deelwoord. In die Grieks is die deelwoord dikwels ’n hulpwerkwoord,24 soos ons in Afrikaans sal sê: ek gaan eet. Dit word nie as ’n opdrag verstaan: GAAN en eet nie. Die klem lê op die imperatiewe vorm van die hoofwerkwoord: maak dissipels [mathēteusate], maak die kerk een groot skool van Jesus-volgelinge.25

    Byna of ons moet hoor: Julle gaan in elk geval; terwyl julle gaan, maak dissipels van alle nasies.

  • Bogenoemde uitgangspunt, naamlik dat iemand wat die didache ernstig opneem, ook dissipelskap ernstig opneem, word reeds in detail deur Dingemans uitgewerk. Dingemans26 argumenteer vir die gebruik van die konsep mathyteus [mathetiek] eerder as catechein [catechetiek]. Hy wil daarmee sy uitgangspunt bevestig, naamlik ‘Hoe worden mensen leerlingen van Jezus? Hoe leren ze te geloven?’ Dit kan ook soos volg verstaan word: Hoe leer ons om met God rekening te hou?

  • Vir baie lank reeds beredeneer outeurs die kwaliteit van die geloofsgemeenskap se lidmaatskap vanuit die perspektief van dissipelskap. Om maar net na twee te verwys. In 1979 reeds skryf Armstrong:27

    [W]e show with integrity our belief in Jesus Christ as the Son of God if we ask ourselves what it means to be Christ’s man or Christ’s woman in the world today. The answer to that question defines the quality of our discipleship; and when church members take it seriously, the church will truly become a servant church.

  • En veel later druk Stoppels28 dit só uit:

    Een leerling van Jezus Christus is een mens die in de kracht van de heilige Geest en in verbondenheid met (de) kring(en) van andere leerlingen over de volle breedte van zijn of haar leven het verlangen heeft te leren leven in zijn spoor en zijn leven daadwerkelijk en duurzaam richt op het Rijk Gods zoals Jezus Christus dat belichaamde en verkondigde.

  • Dick publiseer in 2007 die bevindings van ’n deeglike ondersoek in 719 gemeentes van die United Methodist Church in die VSA. In die 10% gemeentes wat volgens sy analise stabiel sowel as groeiend is (en wat hy ‘vital congregations’ noem) vind hy dat ‘vital congregations take discipleship and stewardship serious’.29 Hy voeg by:

    [P]romoting a love of learning and developmental plans are high priorities in vital congregations. Vital churches have a clear picture of what it means to be a Christian believer, a Christian disciple, a Christian leader, and the body of Christ.30

    Barrett et. al.31 het reeds in 2004 bevind dat missionale gemeentes gemeenskappe is waar mense leer om dissipels van Jesus te wees en te word, waar die Bybel normatief in die lewe van die geloofsgemeenskap is en waar die lidmate binne hierdie gemeenskap vir mekaar verantwoordelikheid aanvaar.

    Nie almal wat hieroor skryf, noem dit eksplisiet dissipelskap nie, maar beskryf dit met konsepte eie aan dissipelskap. Mercer32 skryf:

    ‘Catechesis’ comes from the Greek word for ‘teaching’, but it is more than just oral instruction or traditional education, it is a cultivation of a living faith within the community of the church. Christian faith and theology are performed in the sacramental, communal and missional life of the Church, and catechesis is an invitation into this lived reality … Catechesis itself is the practice of shaping a new vision for one’s life, aiding others to see the world as God sees the world.

    In dieselfde publikasie skryf Groves:33 Teaching is, then, what the British philosopher Gilbert Ryle call an ‘achievement verb’. It is defined not by the agency of the person trying to teach, but by the receptivity of the person who is learning.34

    Laasgenoemde is die wesenlike van dissipel wees; dit is leerling wees.35 Dit is goed bekend dat die Nuwe-Testamentiese skrywers nie die begrip uitgevind het nie. In die antieke Griekse wêreld was die konsep gebruik om na ’n vakleerling te verwys.36 Wanneer dit gebruik is binne die betekenissfeer van die werkwoord manthanein, beteken dit letterlik om jou gedagtes op iets te fokus.37 Nel het dit in ’n artikel verder so saamgevat:

    The New Testament teaching, however, differs from the rabbinical emphasis on mere intellectual teaching and instruction. Jesus neither merely conveys information, nor does he tend to enshrine reigning attitudes. Rather, he seeks to awaken an unconditional dedication to, and bonding with, Himself.38 … The term ‘disciple’ [mathytys] is a derivative of manthanein.39 As stated above, in the Greek world, the word has been used for an apprentice, as well as for an enthusiastic follower, even an imitator, of a teacher.40 Manthanein also refers to a ‘process by which one arrives at understanding which seems to be semantically dominant in the meaning of this series.41

Opsommend

Vir die doel van ons verstaan van die kritiese (miskien selfs bepalende) verband tussen die didache en dissipelskap, tussen kategese en dissipelskap is dit hier genoeg om bogenoemde samevattend soos volg te beskryf:

  • Die kerk gee onderrig aan Jesus se leerlinge (dissipels) om oral waar hulle kom en waar hulle besig is, die lewe in verbondenheid met Jesus te leef.
  • Hierdie onderrig is van vroeg af reeds hulp aan dissipels om dissipels te maak. Dit is inderdaad waar dat dissipels in wording, dissipels in wording maak.
  • Om dit nog ’n keer saam met Rengstorf te sê:

    Two things constitute biblical discipleship:

    • [A]cceptance into a personal relationship with Him who calls you to belong to Him.
    • A vocation, which means that you have to be a follower and pupil of the Christ who has called you.42
    • Jesus’s concern is not to impart information, nor to deepen an existing attitude, but to awaken unconditional commitment to Himself. That ‘mathytys,’ as ‘akolouthein,’ is also ‘manthanein,’ is self-evident’.43 In contrast to both Rabbi Akiba and the philosopher Socrates ‘Jesus binds exclusively to Himself.’43

In die oorspronklike werk van Firet stel hy dit so:

Dissipelschap is navolging, het is het gaan van een weg, een continu met Christus zijn, blijven in sijn woord, Joh. 8:31 … de didache is inwijding in het discipelleven, het leven in de navolging.44

Die didache as bediening van die gemeente aan die gemeente sal waarskynlik altyd onder druk wees as die primêre hermeneutiese ruimte van die gesin45 (enkel of twee ouers) en nie as dissipel-lerende ruimte funksioneer nie. Hiervoor is die verandering binne paternalistiese samelewings ononderhandelbaar. Firet is reg dat eers wanneer iemand in onderrig hulleself as ‘evenmens’ ervaar het, dié een wat onderrig gee enige invloed uitoefen in die proses van verandering en groei van daardie mens.46

In dissipellering is die geloofsgemeenskap van kritiese belang. Gesonde gemeentes is gemeentes waar ‘ons’ die mees gebruikte woord is.47 Die gemeente is die veilige ruimte waarbinne ons individualiteit en ons ‘ontwikkeling’ tot sy reg kom.48

Indien dit nie ernstig geneem word nie, mag die ervaring, soos deur Gabrielli verwoord, net nog toeneem:

What is intended to be the culmination of initiation becomes simply the end of participation in parish life. The result was that confirmation became a time of ‘graduation’ from active Catholicism or a ‘rite of exit’ from church life.49

In 1983 reeds skryf Waldemar:

What else is education than ‘a conversation between generations … The Old Testament offers us some very basic models of such conversation, models that are effective today also, but can be seen more clearly in their forthright simplicity in Old Testament times. They are models of parent and child, wise man and ‘fool,’ master and disciple, and priest and member of the congregation of Israel.50

In direkte aansluiting hierby:

Catechesis describes the way Christians are made. It means all the intentional learning within a community of Christian faith and life. Historically, the mark of a Christian is our baptism. We spend the rest of our lives involved in a process of becoming more Christian. That lifelong process is one of catechesis. John Westerhoff51 describes catechesis as essentially a pastoral activity intended to transmit the church’s tradition and to enable faith to become living, conscious, and active in the life of maturing persons and a maturing community.52

Die wese van die didache – ’n Driedimensionele verstaan van die didache

Terug na Firet. Malan het in vorige artikels oor dissipelskap ook van sy navorsing gebruik gemaak. Hierbo is reeds verwys na sy verstaan: ‘In the “didache” God points out a new way of life.53 En dit is binne die uitgangspunt van ’n verhouding met die lewende God dat hy sy verstaan van die Ou-Testamentiese didache verduidelik as:

  • Uitgenooi tot, ingelyf in hierdie lewe en nuwe manier van lewe.
  • Begeleiding op hierdie weg.
  • Hulp om te onderskei wat in hierdie lewe (op hierdie weg) die beste blyk te wees.54

Nie alle navorsers benoem hierdie bediening eksplisiet as didache nie. Meermale dra dit ander name soos ‘spiritual disciplines’,55passionate spirituality’,56standards for membership’,57 en ‘Finding our way again: The return of the ancient practices’.58

Jesus se roep van leerlinge of dissipels wat dissipels maak, sluit in meer as een opsig direk aan by God se bedoeling deur die eeue waarbinne die Ou Testament afspeel. Dit is daarom nodig om ietwat meer volledig in te gaan op drie dimensies van die didache.

Ingelyf in hierdie lewe en nuwe manier van lewe

Drazin verwoord dit so:

Jewish education was rather synonymous with life. It unfolded life, giving it directions and meaning. In fact a modern Hebrew term for education, Hinuk, from a root twice in the Bible in the sense of ‘to train’, etymologically means dedication or initiation.59

In die bekende Spreuke 22:6 word ‘chanook’ vertaal met ‘oefen’ en ‘rig die jongmens af’.60 Die werkwoord word gewoonlik gebruik vir die inwyding van ’n huis of tempel.61 Dit word verstaan as ‘toewyding aan sy bestemming’.62 Volgens Firet pas die gedagte goed by die verstaan van die lewe as ’n weg:

The ‘way’ is the life of a person seen from the perspective of its destination. Lives do not just ‘run out’: as a rule, they go somewhere. Every life has its own purpose; to direct oneself to that end is mandatory; in order to be able to direct oneself to it a hanukkâ is needed – a ‘transfer of dedication’.63

Dit is nie hier die plek om in diepte in die teologie van die doop in te gaan nie. Vir ’n poging om die verbondsdoop binne die verstaan van die lewe as ’n reis met merkwaardige en betekenisvolle roetemerkers te verdiskonteer, verwys ek graag na ’n navorsingsverslag wat in 2019 deur die Algemene Sinode van die NG Kerk aanvaar is.64 Twee kort paragawe is hier ter sake:

Ten diepste is die gevolg van hierdie verhouding vir verbondsmense dat hulle nie net heling ervaar nie, maar ook beleef dat hulle deel is van ’n heelwordende gemeenskap en daarom as God se kinders aan God se volk/kerk behoort. Op grond van die verbond kry verbondsmense dus ’n nuwe identiteit en deel in God se heil omdat hulle deur Christus ingelyf is in sy volk/sy kerk. Alhoewel hierdie nuwe identiteit ’n geskenk van God is, word dit ontvang, omarm en uitgeleef in geloof. Wanneer dit ontvang, omarm en uitgeleef word, beleef verbondsmense dat hulle tuiskom in God se liefdevolle familie en dat hulle identiteit in ’n veranderingsproses opgeneem word op pad na ’n lewensvervullende bestemming. Hierdie veranderingsproses word deur onderrig begelei. Geloof binne hierdie verbondsverhouding verwys dus na die ontvangs, omarming, groei en uitleef van die verhouding wat daar ontstaan tussen God en sy mense.65

Binne die teologie van die genadeverbond bely ons dat ons in die gedagtes en plan van God ingelyf is as toegewydes aan ’n lewe met ’n doel in God se teenwoordigheid. Firet het dit toe reeds so verwoord:

[W]at van die Joodse opvoeding geld, geld ook van die modus van die didache: dit is ’n ‘Übertragung der Wiehe’ met die oog op die bestemming van die mens en die weg wat hy het om te gaan. Díe met die kerugma verbonde doop is die inlywing in die dissipelgemeenskap, wat primêr gemeenskap met die Here is; die didache is inwyding in die dissipellewe, ’n lewe van navolging.66 [outeur se vrye vertaling uit Nederlands]

Bogenoemde aanhaling is ’n samevatting van ’n verstaan wat Firet eerder verwoord het as die inwyding van ’n kind in die verhaal van Jahwe en sy volk. Dit is ’n heilsverhaal waarin die kind persoonlik betrek word en wel op so ’n wyse dat die kind dit verstaan (ontdek) as sy eie verhaal – ’n verhaal waarin die kind so impliseer word dat hy of sy leer ‘“wij” zeggen en “wij” te beleven – het “wij” van het verbond’.67

Begeleiding op die weg

Die Torah is nie ’n wetboek nie. In die woorde van Buber:

Die Thora van God word opgevat as onderwysing in God se weë … Die Thora is in wese géén wet nie; steeds hang om die gebiedende woorde nog die asem van die teenwoordige spreker, die wegwysende stem bly deurklink.68 [outeur se vrye vertaling uit Nederlands]

Die Torah wys die weg en verskaf begeleiding op die weg. Die Torah wil nie beweging beperk nie, maar wil die lewe leefbaar maak en hou. Dit is ’n hand wat die weg wys – díe Weg.69

Dit is nie moeilik om die verband tussen hierdie uitgangspunt en die inhoud van veral die Evangelie van Johannes raak te sien nie. Binne die trilogie van Johannes 13–15 word dit duidelik dat ingelyfdes (dissipels) die weg vind deur die Weg te volg. Op die [W]eg bly ingelyfdes in die woorde van Hom wat weg en waarheid en lewe is.70 Wegwysing kry ’n nuwe dimensie van navolging van Hom wat die weg is, van Hom by wie ons leer hoe die weg bewandel word, die lewe wat ’n weg is, geleef word.

In hierdie begeleiding wat direk met die wese van ons onderrig verband hou, vervang diegene wat onderrig gee nooit die Een wat die weg wys nie. Hy is die eintlike ‘Leermeester’ en die kerk (in watter gestalte ookal) slegs die ‘teaching assistents’ (Mikoski).71

Die didache wat aan ouers en ook aan die geloofsgemeenskap toevertrou word, is in meer as een opsig die begeleidende ontvouing van alles wat in die doop toegesê en verseël is. Binne die geloofsgemeenskap word die lewe binne die woorde van Jesus veronderstel. Die ruimte van begeleiding medebepaal die karakter van die begeleiding (of kategese). In meer as een opsig is dit vooronderstellings en voorvereistes vir enige vorm van ouerlike en gemeentelike begeleiding. Sargeant stel dit so:

The field of Christian Education is concerned with the formation, nurture and development of Christian faith in individuals and communities … as a starting point it will be sufficient to say that Christian Education involves intentional guidance of the growth of people in Christian faith and ethos.72

Onderskeiding op die weg

Firet verwys derdens na die Ou-Testamentiese didache as: ‘onderricht in de weg der wijsheid’.73 Op die weg van die lewe het elke mens ’n ‘verstaan van sake, persepsie op situasies en insig in probleme nodig’. 74 Firet verwys tereg na die verband tussen wysheid en die ontsag vir die Here: ‘Ontsag vir die HERE is die begin van kennis; wysheid en vermaning – net sotte verag dit … Die begin van wysheid is ontsag vir die HERE, en kennis van die Heilige is insig’.75 Dit is hierdie wysheid waarop onderrig gerig is en wat tegelyk die wese van die didache se derde dimensie is. Die wysheidsleraar (in die geval van die kerk: die ouer, die kategeet en die geloofsgemeenskap) weet dat elke leerling hierdie weg self moet gaan. En die onderrig het die karakter van die ‘chanoekah, van inwyding, van die rig van die mens op sy bestemming’.76 Firet se verwysing na en aanhaling van die bekende Ou-Testamentikus, Gispen, is hier van belang:

Uit die woorde wat in verband met chokmah gebruik word, blyk dat die verwerfde wysheid nie bestaan uit die aanleer van wyshede nie: wie wysheid verwerf, verwerf ezah [begrip, raad], těboenah [doorzicht] en binah [insig], en daarmee gěboerah [krag]. Hierdie wysheid het slegs God in volkomenheid.77

Met verwysing na onder andere die gebed van Salomo78 skryf Firet dat die wyse mens ’n mens met ’n ‘horende hart’ is. Hy haal Vischer aan: ‘Die wahre Vernunft ist das Vernehmen, also nicht aus sich selbst geschöpfte und in sich selbst geschlossene Erkentnis, sondern aufmerksam empfangene Mitteilung Gottes’.79

Binne dissipelskap as raamwerk vir die verstaan van die didache is hierdie derde dimensie krities. Van die Messias word byvoorbeeld gestel:

  • Die gees van die HERE sal op hom rus.
  • Die gees van wysheid en insig.
  • Die gees van raad en sterkte.
  • Die gees van kennis en ontsag vir die HERE.80

As Vischer reg is, volg ons Hom aan wie God wysheid meegedeel het. By Hom, in verhouding met Hom, leer ons met insig en onderskeiding lewe. Volgens Firet (1977):

[O]m die mens te help om tot hierdie soort menswees te kom en dit te beleef, ken die Ou Testament sy didache in verskillende gestaltes. Hierdie gestaltes verdwyn of verander in die Nuwe Testament, maar die wese bly.81

Osmer het dit eenmaal so uitgedruk en sy gedagtes is in die verband verhelderend. Hy verwoord die oorhoofse uitkomste van onderrig na aanleiding van sy navorsing oor Paulus se ‘teaching ministry’ in sy briewe met die volgende drie begrippe: ‘Catechesis, Exhortation and Discernment’.82

Die gebed van Paulus vir die gemeente in Fillippi is myns insiens ’n unieke samevatting van die Ou-Testamentiese verstaan van die lewe in navolging van die Messias. Die konteks is die van ’n gemeente wat van die eerste dag tot nou toe deelneem aan die verkondiging en selfs die verdediging van die evangelie. Binne so ’n gemeente maak so ’n gebed vir die didache sin: ‘Ek bid juis dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in kennis en insig, om die dinge wat saak maak te kan onderskei …’.83

In die derde plek gaan dit in die didache oor om op die weg, met die begeleiding van die teenwoordige Woord van die HERE, beter keuses te maak – keuses wat die lewe die moeite werd maak; keuses wat die kwaliteit van die lewe verdiep en ver-eg. In dissipelskap-terminologie kan dit soos volg gestel word: keuses waar dit elke lewe se prioriteit is om die Koninkryk van God en dit wat reg is, te soek.84 Ruimte ontbreek om hier enigsins in te gaan op die verstaan van die werk van die Heilige Gees wat Helper is op hierdie weg in navolging van Christus. Dit is inderdaad ’n weg waarop dissipels nie sou wees as dit nie was vir die werk van die Gees van Vader en Seun nie. Rakende hierdie lewe in sy vrugdraende volheid en rykheid, skryf Paulus hierdie verhelderende woord: ‘Aangesien ons deur die Gees leef, laat ons ook met die Gees in pas bly’85

Samevattend

Die navorsing wat in hierdie artikel inleidend beskryf is, roep die akademiese en die geloofsgemeenskap om opnuut na te dink oor waarmee ons besig is wanneer ons van kategese, sondagskool of gemeentelike onderrig praat.

Die ruimte, en die soms nodige transformering van die ruimte tot geloofwaardige missionale ruimte waarbinne sodanige onderrig plaasvind, die gemeente, mag belangriker wees as die onderrig self. Die gemeentelike ruimte is op sigself onderrigtend soos wat die atmosfeer binne ’n gesin is.

Die terugvind van die wese van die didache mag radikaal moeilik wees. In die lig van bogenoemde beteken dit:

  • ’n Nuwe oriëntering rakende die nuut ontdekking van doop en nagmaal en die betekenis daarvan as verseëling van inlywing.
  • Didache in al sy vorms as ontvouing van die doop en nagmaal in die lig van die Woord – as wegwysende beleiding op die weg van die lewe.
  • ‘Groei in liefde en insig en fyn aanvoeling’86 om met toenemende wysheid beter keuses te maak.

Die verstaan en toenemende ontdekking van die rykdom en die kwaliteit van die lewe in navolging van die Christus en ‘die leer by Hom en van Hom’ wat regtig saak maak.

Die didache is, in die woorde van Osmer inderdaad ’n ‘code for the road’ (aan watter belydenis kan ek vashou?), ‘creed to believe’ (watter gedragskodes en waardes help my om keuses te maak en my lewe te rig?) en ‘dream to esteem’ (watter roeping of droom lê die Here op my hart?).87

Erkennings

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenisse is wat die skryf van hierdie artikel op ‘n onvanpaste wyse kon beïvloed nie.

Outeursbydrae

M.N. is die enigste outeur van hierdie navorsingsartikel.

Befondsingsinligting

Die outeur bevestig dat geen finansiële ondersteuning vir die navorsing, outeurskap en/of publikasie van hierdie artikel ontvang is nie.

Etiese oorwegings

Etiese goedkeuring vir die uitvoering van die studie is verkry van die Navorsingskantoor, Fakulteit Teologie en Godsdiens, Universiteit Pretoria. Die etiese goedkeuringsnommer is T111/22.

Databeskikbaarheidsverklaring

Die data wat die bevindinge van hierdie studie ondersteun, is openlik beskikbaar in Universiteit van Pretoria navorsingsdata by https://doi.org/10.25403/UPresearchdata.28182179.v1.

Vrywaring

Die menings en sienings wat in hierdie artikel meegedeel word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of dié van die uitgewer nie. Die outeur is alleen verantwoordelik vir hierdie artikel se inhoud.

Literatuurverwysings

Aquinas, T., 1947, Summa Theologiae III.72.9.ad 1, transl. the Fathers of the English Dominican Province, Benziger Brothers, New York, NY.

Armstrong, R.S., 1979, Service evangelism, Westminster, Philadelphia, PA.

Barrett, L., 2004, Treasure in clay jars: Patterns in missional faithfulness, Eerdmans, Grand Rapids, MI.

Bijlsma, R., 1962, Kleine Catechetiek, Callenbach, Nijkerk.

Bruner, F.D., 1990, Matthew, Volume 2: The churchbook. Matthew 13–28, Word Publishing, Dallas, TX.

Brunner, E., 1931, The word and the world, SCM, London.

Buber, M., 1977, ‘Twee wijzen van geloven’, in K. Servire (ed.), Zwei Glaubensweisen, 4de Druk, Uit Duits vertaal deur M.C.W. Wegeling, Servire, Den Haag.

Cherry, N.A., 2021, Believing into Christ: Relational faith and human flourishing, Baylor University Press, Waco, TX.

Dick, D.R., 2007, Vital signs: A pathway to congregational wholeness, Discipleship Resources, Nashville, TN.

Dingemans, G.D.J., 1991, In de Leerschool van het Geloof: Mathetiek en vakdidactiek voor catechese en kerkelijke vormingswerk, Kok, Kampen.

Drazin, N., 1940, History of Jewish Education from 515 B.C.E. to 220 C.E., Johns Hopkins Press, Baltimore, DE. (Weer uitgegee in 2007 deur Mottelay Press.)

Evangelischen Kirche in Deutschland (EKD), 2020, Religiöse Bildung angesichts von Konfessionslosigkeit: Aufgaben und Chancen: ein Grundlagentext der Kammer der EKD für Bildung und Erziehung, Kinder und Jugend, Evangelische Verlaganstalt GmbH, Leipzig.

Firet, J., 1977, Het agogisch moment in het pastoraal optreden, Kok, Kampen.

Firet, J., 1986, Dynamics in pastoring, Eerdmans, Grand Rapids, MI.

Gabrielli, T.R., 2013, Confirmation: How a sacrament of God’s grace became all about us, Liturgical Press, Collegeville, MN.

Gispen, W.H., 1956, De Wijze in Israel, V.U., Amsterdam.

Groves, P., 2020, ‘Doing doctrine: The lived experience of Christian teaching’, in M. Jared (ed.), Catechesis: An invitation to living faith, pp. 24–35, CM, London.

Harris, M. & Moran, G., 1998, Reshaping religious education: Conversations on contemporary practice, Westminster John Knox, Louisville, KY.

Heitink, G., 1999, Practical theology, Eerdmans, Grand Rapids, MI.

Kabisch, D. & Wischmeyer, J., 2018a, Transnationale Dimensionen religioser Bildung in der Moderne, Vandenhoeck & Ruprecht, Gottingen.

Kabisch, D. & Wischmeyer, J., 2018b, ‘Transnationale Dimensionen religiöser Bildung in der Moderne: Methodik und Forschungsstan’, in D. Kabisch & J. Wischmeyer (eds.), Transnationale Dimensionen religioser Bildung in der Moderne, pp. 11–43, Vandenhoeck & Ruprecht, Gottingen.

Kelly, L., 2000, Catechesis revisited: Handing on faith today, Darton, Longman & Todd, London.

Keuss, J., 2016, ‘Developing a theology of education’, in T. Linhart (ed.), Teaching the next generations. A comprehensive guide for teaching Christian formation, pp. 14–24, Baker Academic, Grand Rapids, MI.

Linhart, T. (ed.), 2016, Teaching the next generations. A comprehensive guide for teaching Christian formation, Baker Academic, Grand Rapids, MI.

Lohmeyer, E., 1967, Das Evangelium des Matthäus, Erarbeitet und herausgegeben zur W Smauch, 4. Auflage, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.

Louw, J.P. & Nida, E.A. (eds.), 1988, Greek-English lexicon of the New Testament: Based on semantic domains, United Bible Societies, New York, NY.

Maddix, M.A. & Estep, J.R., Jr., 2017, Practicing Christian education: An introduction for ministry, Baker Academic, Grand Rapids, MI.

Matthee, N., 2023, UP Navorsingsprojek: Geloofsontwikkeling (Kategetiek) Data, Ongepubliseerde verslag, https://doi.org/10.25403/UPresearchdata.28182179.v1

McIntosh, G.L. & Reeves, R.D., 2006, Thriving churches in the twenty-first century: 10 Life-giving systems for vibrant ministry, Kregel, Grand Rapids, MI.

McLaren, B., 2008, Finding our way again: The return of the ancient practices, Thomas Nelson, Nashville, TN.

Mercer, J., 2020, ‘Beginning catechesis: Where do we start’, in J. Mercer (ed.), Catechesis: An invitation to living faith, pp. 1–13, SCM, London.

Mikoski, G.S., 2018, ‘Critical appropriations of German theological perspectives in American theological education and Christian education: A case study of Princeton Theological Seminary’, in D. Kabisch & J. Wischmeyer (eds.), Transnationale Dimensionen religioser Bildung in der Moderne, pp. 221–233, Vandenhoeck & Ruprecht, Gottingen.

Nel, M., 1982, Jeug en evangelie, NG Kerkboekhandel, Pretoria.

Nel, M., 2009, ‘Inviting and initiating youth into a life of discipleship’, Verbum et Ecclesia 30(2), Art. #344, 1–11. https://doi.org/10.4102/ve.v30i2.344

Nel, M., 2017a, ‘Discipleship: Seeking the “Kingdom and his righteousness”’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 73(4), a4609. https://doi.org/10.4102/hts.v73i4.4609

Nel, M., 2017b, ‘Discipleship: The priority of the “Kingdom and his righteousness”’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 73(4), a4583. https://doi.org/10.4102/hts.v73i4.4583

Nel, M., 2018, Youth ministry: An inclusive missional approach, HTS Religion & Society Series, vol. 1, pp. xviii–xx, AOSIS, Cape Town.

Osmer, R.R., 1990, A teachable spirit. Recovering the teaching office in the church, Westminister/John Knox Press, Louisville, KY.

Osmer, R.R., 2001, ‘A checklist for the journey: Biblical foundations of ministry with youth’, in The 2001 Princeton lectures on youth, church, and culture, viewed 09 September 2022, from http://youthlectures.ptsem.edu/.

Osmer, R.R., 2005, The teaching ministry of congregations, Westminister/John Knox Press, Louisville, KY.

Osmer, R.R., 2008, Practical theology: An introduction, Eerdmans, Grand Rapids, MI.

Osmer, R.R., 2012, ‘Formation in the missional church: Building deep connections between ministries of upbuilding and sending’, in D.J. Zscheile (ed.), Cultivating sent communities: Missional spiritual formation, pp. 29–55, Eerdmans, Grand Rapids, MI.

Rengstorf, K.H., 1967, ‘Mantanou’, in G. Kittel (ed.), Theological dictionary on the NT, transl. G.W. Bromiley, vol. 4, pp. 390–461, Eerdmans, Grand Rapids, MI.

Ridderbos, N.H., 1962, De Psalmen 1, Kok, Kampen.

Root, A., 2007, Revisiting relational Youth Ministry: From a strategy of influence to a theology of incarnation, IVP Books, Downers Grove, IL.

Root, A., 2017, Faith formation in a secular age: Responding to the church’s obsession with youthfulness, Baker Academic, Grand Rapids, MI.

Sargeant, W., 2015, Christian education and the emerging church: Postmodern faith formation, Pickwick Publications, Eugene, OR.

Schwarz, C.A., 1996, Natural church development: A guide to eight essential qualities of healthy churches, ChurchSmart Resources, Carol Stream, IL.

Sinode, 2019, Agenda vir die 17de vergadering van die Algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 2019, 288–303.

Stoppels, S., 2013, Oefenruimte. Gemeente en Parochie als gemeenschap van leerlingen, Boekencentrum, Zoetermeer.

Trilling, W., 1969, ‘Die Auferstehung Jesu: Anfang der neuen Weltzeit (Mt 28:1–8)’, in W. Trilling (Hrsg), Christusverkündigung in den synoptischen Evangelien: Beispiele gattungsgemässer Auslegung, pp. 212–243, Kösel Verlag, München.

Vallabaraj, J., 2012, Faith-focused mentoring as a paradigm for youth catechesis: Towards the articulation of a frame of reference, Baker Books, Grand Rapids, MI.

Van Aarde, A.G., 1998, ‘Matthew 27:45-53 and the turning of the tide in Israel’s history’, Biblical Theology Bulletin 28(1), 16–26.

Van Aarde, A.G., 2006, ‘Hoe om in te kom en hoe om binne te bly – die “groot sendingopdrag” aan die kerk vandag volgens Matteus 28:16–20’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 62(1), 103–122. https://doi.org/10.4102/hts.v62i1.345

Vischer, W., 1958, ‘Alttestamentliche Vorbilder unseres Pfarramts’, in M. Thurneysen, (ed.), Gottesdienst-Menschendienst, Eduard Thurneysen zum 70, Geburtstag, Saamgestel deur Marguerite Thurneysen, p. 251vv, Evangelischer Verlag, Zollikon.

Waldemar, J., 1983, ‘Old Testament and early Judaistic perspectives’, in L. Harder (ed.), Perspectives on the nurturing of faith, pp. 17–48, Institute for Mennonite Studies, Elkhart, IN.

Westerhoff, J.A., III, 1979, ‘Discipline in crisis’, Religious Education 74(1), 7–15. https://doi.org/10.1080/0034408790740102

Wilson, C., 1976, With Christ in the school of disciple building: A study of Christ’s method of building disciples, Zondervan, Grand Rapids, MI.

Voetnotas

1. Spreuke 4:18 (NAV 2020).

2. Hierdie artikel is die eerste in ’n reeks van 10 in hierdie Supplementum. Soos die ander is ook hierdie artikel ’n teologiese refleksie op ’n konsep wat uit die analise van 123 kwalitatiewe onderhoude kom. Die onderhoude was deel van ’n empiriese navorsingsprojek oor geloofsontwikkeling of kategese waaraan vier Afrikaanssprekende denominasies binne die reformatoriese tradisie deelgeneem het.

3. Sien Tabel 1.

4. Daar sal konsekwent na hierdie verslag, wat ook aanlyn beskikbaar is by https://doi.org/10.25403/UPresearchdata.28182179.v1 verwys word as Matthee (2023).

5. Osmer (2008:175–218).

6. Heitink (1999:201–219).

7. Bijlsma (1962).

8. Firet (1977; 1986). Ek erken dat daar sedertdien so baie navorsing verskyn het wat met hierdie vraag in die artikel verband hou. Ek verwys na enkele bronne wat wel in die agtergrond van hierdie artikel meespeel: Harris en Moran (1998:19–22, 26–29, 30–55, 61–66), Kabisch en Wischmeyer (2018), Mikoski (2018); Kelly (2000:68–81) vir ’n goeie historiese perspektief, Vallabaraj (2012), EKD (2020), Cherry (2021:5–114).

9. Kolossense 3:1–4.

10. Die publikasie hou in sy geheel rekening met die ontwikkelingspsigologie. Vir ’n poging om dit te erken en ietwat te verdiskonteer, vergelyk Nel (2018:99–154, 245–254).

11. Vergelyk die twee skeppingsverhale in Genesis 1 en 2.

12. Joh 15.

13. Root (2017:149; vgl. ook Cherry 2021:115 e.v. vir insigte oor ‘Restoring the relational sense’).

14. Vergelyk Filemon 1:9–11, Romeine 12:1–2 en ook die gedeelte hieronder oor ‘onderskeiding op die weg’.

15. Nel (2009).

16. Firet (1986:68).

17. Van Aarde (2006:112–114).

18. Von Harnack, in Frederick D. Bruner (1990:1094).

19. Ernst Lohmeyer (1967:416).

20. Kyk Van Aarde (1998); vergelyk Trilling (1969).

21. Bruner (1990:1090).

22. Vergelyk Nel (1982:179–186; 2015 en veral 2018) vir die missionale gerigtheid binne ’n inklusiewe verstaan van jeugbediening.

23. Brunner (1931:108). Ook aangehaal deur Keuss (2016:18) in ’n artikel oor Developing a Theology of Education. Vergelyk ook Linhart (2016:14–24).

24. Contra Bruner (1990:1096).

25. Van Aarde (2006:112–114).

26. Dingemans (1991:15).

27. Armstrong (1979:38).

28. Stoppels (2013:73). ’n Vrye vertaling in Engels mag so lees: ‘A learner of Jesus Christ is someone who, in the power of the Holy Spirit and in communion with (the) other learners, desires to learn with his or her total life to live life in following Him. A learner (disciple) is someone who sincerely directs/focuses his or her life on the Kingdom of God as Jesus Christ has embodied and proclaimed it.’

29. Dick (2007:91).

30. Dick (2007:118).

31. Barrett et. al. (2004:160–161).

32. Mercer (2020:xi, xii, 2).

33. Groves (2020:24).

34. Vergelyk Osmer (1990:52–53) se verwysing na Calvyn se inleiding tot sy kommentaar op die Psalms: ‘God by a sudden conversion subdued and brought my mind to a teachable frame …’. Dit lei tot die titel van Osmer (1990) se publikasie wat in sy geheel vir die saak van onderrig en dissipelskap van kritiese belang is.

35. Vergelyk ook Wilson (1976).

36. Rengstorf (1967:415).

37. Rengstorf (1967:391).

38. Nel (2009:2 van 11).

39. Louw en Nida (1988:328).

40. Vergelyk Rengstorf (1967:417), Manthanein.

41. Louw en Nida (1988:381). Vir die verband tussen die gebruik van die konsepte didaskein, manthanein en akolouthein, vergelyk Nel (2009:2 van 11).

42. Rengstorf (1967:446).

43. Rengstorf (1967:447).

44. Firet (1977:88).

45. Vergelyk Nel (2018:82–88).

46. Firet (1986:160 e.v.); Nel (2018:278 e.v.). Vergelyk veral ook Root (2007:20, 124 e.v.) se kritiese opmerking en gebruik van die konsep ‘place-sharing’ om ons selflose betrokkenheid by die ander te beskryf. Vir ’n meer volledige beskrywing van die relasionele en inkarnasionele in jeugbediening, vergelyk ook Nel (2018:296–306).

47. Vergelyk die bevindings van Dick (2007:92).

48. Vergelyk Nel (2018:73–97).

49. Vergelyk ook Gabrielli (2013:54). Vergelyk ook sy verwysing (2013:74) na Thomas Aquinas (Summa Theologiae III.72.9.ad 1): ‘As the Summa Theologiae indicates, confirmation is about strengthening the Christian. Notice that describing the grace as strengthening clearly indicates the role of confirmation in formation – Christian discipleship precedes and follows this sacrament. It is strengthened in confirmation.’

50. Waldemar (1983:17).

51. Westerhoff (1979:13).

52. Maddix & Estep (2017:74).

53. Firet (1986:68).

54. Firet (1986:50–68).

55. McIntosh & Reeves (2006:74–79).

56. Schwarz (1996:26–27).

57. Dick (2007:10).

58. McLaren (2008).

59. Drazin (1940:12; vgl. Firet 1977:71 vgl. ook Vallabaraj 2012:130–134).

60. NAV 2020.

61. Vergelyk Deuteronomium 20:5; 1 Konings 8:63; 2 Kronieke 7:9.

62. Firet (1977:71).

63. Firet (1986:53). In die oorspronklike Nederlands (1977:71–72): ‘“De weg” is het leven van een mens, gezien onder het aspekt van die bestemming van dat leven. Een leven “verloopt” niet maar zomaar, het gaat erhend heen. Elk leven heft zijn eigen doel: zich daarop te richten is een opdracht; om zich daarop te kunnen richten is zoiets as een chanoekah nodig, een “Übertragung der Weihe”.’

64. Agenda, Algemene Sinode (2019:288–303).

65. Agenda, Algemene Sinode (2019:290).

66. Firet (1977:88; 1986:66).

67. Firet (1977:72); Deuteronomium 6:4–11.

68. Buber (1977:41 e.v.).

69. Vergelyk Firet (1977:73). Hy verwys ook na Ridderbos (1962:64).

70. Johannes 14:6.

71. Gordon Mikoski, Princeton Theological Seminary, in ’n lesing by ’n predikante-seminaar in Pretoria op 23 April 2024.

72. Sargeant (2015:ix).

73. Firet (1977:74).

74. Ibid.

75. Spreuke 1:7 en 9:10 onderskeidelik (NAV 2020).

76. Firet (1977:77 [outeur se vrye vertaling uit Nederlands]).

77. Gispen (1956:41 e.v. [outeur se vrye vertaling uit Nederlands]); Firet (1977:77).

78. Vergelyk 1 Konings 3:9.

79. Vischer (1958:269). Vergelyk die vertaling in Engels (Firet 1986:57): ‘True reason is the act of perceiving, hence not the knowledge which is self-created and self-contained, but communication received from God by attentive listening.’

80. Jesaja 11:2 (NAV 2020).

81. Firet (1977:77–78 [outeur se vrye vertaling uit Nederlands]).

82. Vergelyk ook Osmer (2012:29–55) vir uitstekende navorsing oor die didache as ‘formation’.

83. Filippense 1:1–11 (9, 10). (NAV 2020).

84. Vergelyk Matteus 6:33; Nel ((2017a:1–9, 2017b:1–10)).

85. Galasiërs 5:25 (NAV 2020). In die 1983 vertaling lui dit so: ‘Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.’

86. Filippense 1:9 (1983 Afr. vert.).

87. Osmer (2001:95–110; vgl. ook Agenda, Algemene Sinode 2019:298).



Crossref Citations

No related citations found.