<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">VE</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Verbum et Ecclesia</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1609-9982</issn>
<issn pub-type="epub">2074-7705</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">VE-44-2783</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ve.v44i1.2783</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Diens van barmhartigheid of diakonaat &#x2013; hoe belangrik is &#x2019;n naam?</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-3281-5111</contrib-id>
<name>
<surname>van der Merwe</surname>
<given-names>Willie</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Practical Theology and Missional Studies, Faculty of Theology and Religion, University of Pretoria, Pretoria, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Willie van der Merwe, <email xlink:href="williamcvdm@gmail.com">williamcvdm@gmail.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>29</day><month>05</month><year>2023</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2023</year></pub-date>
<volume>44</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>2783</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>02</day><month>12</month><year>2022</year></date>
<date date-type="accepted"><day>29</day><month>03</month><year>2023</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2023. The Author</copyright-statement>
<copyright-year>2023</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>Service of Mercy or Diaconate - how important is a name?</bold> Churches hold different views regarding the office of deacon and role of deacons in the church. Churches also use different terms for their social ministries. This lack of a common language regarding the church&#x2019;s diaconal ministry often creates confusion in the ecumenical discourse on the diaconate of the church. This article explores the hypothesis that the conceptualisation of a church&#x2019;s diaconal ministry is influenced by a specific frame of reference, be it a historical perspective, a specific theology or tradition. In this case study of the Dutch Reformed Church (DRC) it is shown how a specific historical and theological understanding of diaconal ministry determines not only this church&#x2019;s preference for the term &#x2018;service of compassion&#x2019; but also its diaconal praxis. The article concludes with a suggestion to the DRC to consider the use of the concept <italic>diakonia</italic> in contemplation of more active participation in ecumenical disourses regarding the diaconate of the church.</p>
<sec id="st1">
<title>Intradisciplinary and/or interdisciplinary implications</title>
<p>The article describes how a specific historical and theological understanding of diaconal ministry determines not only the DRC&#x2019;s preference for the term &#x2018;service of compassion&#x2019; but also its diaconal praxis. The suggestion to more actively participate in developing a common understanding of <italic>diakonia</italic> ecumenically has implications for the DRC&#x2019;s ecclesiology, as well as its missional and social ministries.</p>
</sec>
</abstract>
<kwd-group>
<kwd>diaconia</kwd>
<kwd>diaconate</kwd>
<kwd>diaconal ministry</kwd>
<kwd>sevice of compassion</kwd>
<kwd>service and witness</kwd>
<kwd>church social services</kwd>
<kwd>church social work</kwd>
<kwd>community development</kwd>
<kwd><italic>missio Dei</italic></kwd>
<kwd>missional diaconate</kwd>
</kwd-group>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Kerke gebruik verskillende terme om hulle betrokkenheid by die maatskaplike nood van individue, groepe en gemeenskappe te beskryf. Die Rooms-Katolieke Kerk verkies die woord <italic>caritas</italic>, terwyl die benaming <italic>diakonia</italic> algemeen in Protestantse kerke gehoor word. Verskillende kerke huldig ook verskillende sienings oor die diakenamp en die diakonale bediening. Hierdie &#x2018;spraakverwarring&#x2019; (Stoppels <xref ref-type="bibr" rid="CIT0032">2005</xref>:12) kan veroorsaak dat kerke in die ekumeniese diskoers oor die kerk se roeping aangaande die maatskaplike nood<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> van die w&#x00EA;reld by mekaar verby praat of van mekaar verskil, alhoewel hulle dikwels dieselfde intensies het. Aan die einde van die vorige eeu het &#x2019;n groep Anglikaanse en Lutherse Kerke in die Nordiese en Baltiese lande &#x2019;n proses gevolg om groter samewerking tussen hierdie kerke te bewerkstellig. Die finale teks van die ooreenkoms is in 1996 in die katedraal van die Evangeliese Lutherse Kerk in Porvoo, Finland, onderteken. In &#x2019;n inleidingsartikel in die <italic>International Journal for the Study of the Christian Church</italic> merk Hall (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2014</xref>:259) op dat hoewel beide die W&#x00EA;reldraad van Kerke se dokument <italic>Baptism, eucharist and ministry</italic> (1982) en die <italic>Porvoo Verklaring</italic> (1996) baie belofte inhou vir die ontwikkeling van die bediening van die diaken in &#x2019;n ekumeniese konteks en gevolglik, in &#x2018;a common understanding of diaconal ministry&#x2019;, die term &#x2018;diaconal ministry&#x2019; inderdaad baie probleme veroorsaak.</p>
<p>Dieselfde problematiek is ook in die Suid-Afrikaanse kerklike konteks aanwesig. In die familie van NG Kerke<xref ref-type="fn" rid="FN0002"><sup>2</sup></xref> verkies die NG Kerk<xref ref-type="fn" rid="FN0003"><sup>3</sup></xref> die oorkoepelende term <italic>diens van barmhartigheid</italic> terwyl die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika die terme <italic>diakonaat</italic> en <italic>diakonale dienste</italic> verkies. Die NGKA verwys doodeenvoudig na <italic>kerklike werk</italic>. Hierdie studie fokus op die NG Kerkfamilie, meer spesifiek die NG Kerk. Die doel is om die problematiek aangaande die ontwikkeling van &#x2019;n gemeenskaplik diakonale terminologie in die konteks van die NG Kerk te ondersoek ten einde &#x2019;n bydrae te maak wat verdere gesprek oor die konseptualisering van hierdie kerk se betrokkenheid in die maatskaplike nood van gemeenskappe kan stimuleer. Die hipotese is dat die konseptualisering van die bediening en gevolglik ook die oorkoepelende term waarmee die bediening beskryf word, be&#x00EF;nvloed word deur &#x2019;n spesifieke verwysingsraamwerk. Sodanige verwysingsraamwerk kan rus op &#x2019;n geskiedenis, &#x2019;n kerktradisie, &#x2019;n spesifieke teologie, &#x2019;n spesifieke konteks of invloede van ander vakdissiplines. Ter illustrasie: &#x2019;n groep verteenwoordigers van verskillende strukture in die NG Kerk is onlangs gevra watter terme mense gebruik wanneer hulle na di&#x00E9; kerk se maatskaplike bediening verwys.<xref ref-type="fn" rid="FN0004"><sup>4</sup></xref> Die volgende lys is in &#x2019;n ommesientjie saamgestel: diens van barmhartigheid, diakonaat, <italic>diakonia</italic>, missionale diakonaat, sending, diensgetuienis, profetiese diakonaat, publieke teologie, gemeenskapsontwikkeling, gemeenskapsbetrokkenheid, bemagtiging, geregtigheid, armoedeverligting, armoede-opheffing, en kerklike maatskaplike dienswerk. Hierdie oefening bevestig die behoefte aan &#x2019;n gemeenskaplike taal of terminologie vir die gesprek oor die NG Kerk se maatskaplike betrokkenheid.</p>
<p>Die artikel word in vier afdelings of bewegings aangebied. Aanvanklik word die vestiging van die term &#x2018;diens van barmhartigheid&#x2019; in die NG Kerk in &#x2019;n kort historiese oorsig verduidelik. In die tweede afdeling word die soeke na &#x2019;n gedeelde benaming vir die maatskaplike bediening van die kerke in die NG Kerkfamilie vlugtig beskryf. Die ekumeniese gesprek aangaande die konsep <italic>diakonia</italic> kry in die derde afdeling aandag, terwyl die konseptualisering van kernbegrippe wat veral in interdissiplin&#x00EA;re gesprekke tussen die maatskaplike bediening van die kerk en ander vakdissiplines relevant is, in die vierde deel kortliks bespreek word. Die artikel word afgesluit met &#x2019;n aantal gevolgtrekkings wat ten doel het om verdere gesprekke te stimuleer.</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Die vestiging van die term &#x2018;diens van barmhartigheid&#x2019; in die NG Kerk</title>
<p>Hoewel talle Protestantse kerke en ekumeniese liggame die term <italic>diakonia</italic> gebruik, verkies die NG Kerk &#x2018;diens van barmhartigheid&#x2019;. Om hierdie voorkeur te verstaan, is dit nodig om die historiese ontwikkeling van die NG Kerk se barmhartigheidsbediening te ondersoek.</p>
<p>Sedert haar ontstaan in die 17de eeu was die NG Kerk betrokke by die maatskaplike nood van haar lidmate, maar ook die nood in die gemeenskap. Hierdie betrokkenheid het meestal gefokus op versorging, maar in die literatuur is daar ook tekens van ontwikkelingsgerigte projekte soos vaardigheidsopleiding. Hierdie bediening is grootliks deur die diakonie behartig (Nieuwoudt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">1990</xref>:75).</p>
<p>Die grootskaalse ongeletterdheid en lae opvoedingspeil van die blanke Afrikaner teen die einde van die 19de eeu, bedreigende politieke omstandighede as gevolg van toenemende Britse imperialisme, die ekonomiese agteruitgang van lidmate as gevolg van die eerste Suid-Afrikaanse Oorlog (1880&#x2013;1881), asook die tweede Suid-Afrikaanse Oorlog (1899&#x2013;1902) en swak landboutoestande het daartoe gelei dat die nood van &#x2018;onze verarmde en verachterde landgenoten&#x2019;<xref ref-type="fn" rid="FN0005"><sup>5</sup></xref> &#x2019;n kernaspek van die NG Kerk se bediening geword het (Van Der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0036">2021</xref>:191). Beskrywingspunte uit verskeie gemeentes het die 1915-sinode van die NG Kerk in SA (NG kerk Wes-Kaapland) gevra vir sterk optrede ten opsigte van die &#x2018;opvoeding onder verachterde geloofsgenote&#x2019;. In antwoord op hierdie beskrywingspunte het die <italic>Commissie over de Opvoedkundige en Godsdienstige Verzorging van die Minderbevoorrechte Lede onzer Kerk</italic> die Sinode gevra of &#x2018;de tijd niet gekomen is om een reglement op te trekken voor sodanige arbeid&#x2019; (NGKSA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1915</xref>). Na aanleiding van &#x2019;n voorstel van hierdie kommissie dat &#x2018;eene algemeene Commissie voor de Inwendige Zending&#x2019;<xref ref-type="fn" rid="FN0006"><sup>6</sup></xref> tot stand moet kom, besluit die Kaapse Sinode om sodanige kommissie in die lewe te roep met die volgende opdrag:</p>
<disp-quote>
<p>&#x2026; de betere behartiging van de belangen van onze verachterde geloofsgenoten, volwassenen zoowel als kinderen, buiten zoowel as binnen het gebied van gevestigde gemeenten, met het recht om alle maatregelen te nemen tot de behoorlijke organisatie, uitbreiding en uitvoering van hare werkzaamheden, zooals door haar van tijd tot tijd nodig geoordeeld mocht worden. (p. 78)</p>
</disp-quote>
<p>By die volgende sitting van die Kaapse Sinode in 1919 is voorgestel dat die naam van hierdie kommissie verander word na <italic>Commissie vir Algemene Armesorg</italic>. Die ander sinodes van die NG Kerk<xref ref-type="fn" rid="FN0007"><sup>7</sup></xref> het weldra die voorbeeld van die Kaapse Sinode gevolg deur ook Algemene Armesorgkommissies aan te wys.</p>
<p>In 1947 het die Algemene Armesorgkommissie van die Transvaalse Kerk daardie Sinode versoek om die naam van die kommissie te verander na die <italic>Kommissie vir Maatskaplike Sorg</italic>. Die Federale Armesorgraad het egter die behoud van die konsep &#x2018;armesorg&#x2019; verkies. Die volgende jaar het die Transvaalse Kommissie vir Armesorg weer probeer om die Federale Armesorgraad te oorreed om die term &#x2018;maatskaplike sorg&#x2019; te oorweeg&#x2013;weer sonder sukses. &#x2019;n Dekade later was die Federale Armesorgraad egter gereed om die konsep &#x2018;armesorg&#x2019; te laat vaar ten gunste van &#x2018;diens van barmhartigheid&#x2019;. In die verslag van die Kaapse Algemene Armesorgkommissie aan die sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika wat in 1957 vergader het, word die volgende redes vir &#x2019;n naamsverandering aangevoer:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>veranderinge ten opsigte van die ontstaan, aard, benadering en behandeling van maatskaplike vraagstukke;</p></list-item>
<list-item><p>die toetrede van die staat en talle welsynsorganisasies op die gebied van maatskaplike dienslewering;</p></list-item>
<list-item><p>nuwe eise wat gestel word en meer wetenskaplike besinning verg;</p></list-item>
<list-item><p>die werk is nie meer beperk tot versorging of noodleniging ten opsigte van materi&#x00EB;le nood nie;</p></list-item>
<list-item><p>die besef dat Christus se barmhartigheid in die eerste plek gewy is aan die maatskaplike en geestesnood van die hulpbehoewende mensdom (NGKSA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">1957a</xref>:410).</p></list-item>
</list>
<p>Hoewel hierdie kommissie ten gunste van &#x2019;n naamsverandering was, is die vereiste gestel dat &#x2019;n nuwe benaming:</p>
<disp-quote>
<p>&#x2026; kensketsend sal wees van &#x2019;n diens wat die vrug is van die Christelike liefde en geloof, en dat dit as kerklike diens langs die gewone staatsorg en die hedendaagse humanistiese welsynswerk uitgeken kan word. (NGKSA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">1957a</xref>:410)</p>
</disp-quote>
<p>Dit is verder opvallend dat alhoewel die 1957-uitgawe van die <italic>Bepalinge en Reglemente van die NG Kerk in SA</italic> die kommissie se naam &#x2013; die Algemene Armesorgkommissie &#x2013; behou, die konsep &#x2018;diens van barmhartigheid&#x2019; in die opdrag van hierdie kommissie gebruik word. In genoemde dokument beskryf die Kaapse Sinode die opdrag van die Algemene Armesorgkommissie soos volg:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>die vestiging en uitbreiding van die Koninkryk van God deur die diens van barmhartigheid; en</p></list-item>
<list-item><p>die geestelike, maatskaplike en ekonomiese versorging en opheffing van minderbevoorregte en behoeftige geloofs- en volksgenote,<xref ref-type="fn" rid="FN0008"><sup>8</sup></xref> daartoe gedring deur die liefde van Christus en in gehoorsaamheid aan die voorskrifte van Gods Woord (NGKSA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">1957b</xref>:79).</p></list-item>
</list>
<p>Die Kerkorde wat in 1962 deur die eerste Algemene Sinode van die NG Kerk aanvaar is, gebruik deurgaans die term &#x2018;diens van barmhartigheid&#x2019;. Artikel 54 van hierdie Kerkorde omskryf diens van barmhartigheid so (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1962</xref>):</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>Die kerke moet met priesterlike bewo&#x00EB;nheid omsien na die armes en ander sorgbehoewendes om hulle te help, te troos en geestelik op te hef.</p></list-item>
<list-item><p>Waar die omvang en omstandighede dit eis, moet die diakonie&#x00EB; in die kerkverband van Ring en Sinode inrigtinge vir hierdie sorgbehoewendes in die lewe roep. (p. 11)</p></list-item>
</list>
<p>In die jongste Kerkorde lees artikel 54 steeds (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2019</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>Die kerk moet met priesterlike bewo&#x00EB;ndheid omsien na die armes en ander sorgbehoewendes deur hulle te help, te troos en geestelik op te hef. Waar die omvang en ander omstandighede van die werk dit vereis, onderneem die gemeentes in kerkverband barmhartigheidsbediening. (p. 17)</p>
</disp-quote>
<p>Sedert 1962 het die Algemene Sinodes van die NG Kerk twee wesenlike veranderings tot die formulering van Kerkorde Artikel 54 aangebring. Die eerste verandering het betrekking op die rol van die diaken in die kerk se barmhartigheidsbediening. In die 1962-formulering word spesifiek verwys na die diakonie&#x00EB; wat in die kerkverbande van Ringe en Sinodes inrigtings vir sorgbehoewendes moet begin terwyl die 2019-formulering aandui dat gemeentes verantwoordelik is vir die barmhartigheidsbediening. Die tweede verandering dui op die aard van dienste wat in kerkverband onderneem behoort te word. Die 1962-formulering spesifiseer inrigtingsorg terwyl die 2019-formulering generies na barmhartigheidsbediening verwys.</p>
<p>Om hierdie bespreking af te sluit is dit nodig om kortliks te verwys na die grondliggende teologie vir die keuse van die term &#x2018;diens van barmhartigheid&#x2019;. De Klerk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1976</xref>:1vv) verduidelik dat die naam saamgestel is uit twee woorde naamlik &#x2018;diens&#x2019; (Grieks: <italic>diakonia</italic>) en &#x2018;barmhartigheid&#x2019; wat &#x2019;n vertaling van die Hebreeuse woord (<italic>ch&#x00E9;s&#x00E9;d</italic>) is. In die Ou Testament word laasgenoemde konsep dikwels in die konteks van die verbond wat God met Israel gesluit het, aangetref (bv. Deut 7:9, 12). In &#x2019;n publikasie van die Algemene Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid (AKDB) van die NG kerk motiveer De Klerk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1990</xref>:9) hierdie kerk se voorkeur vir die term &#x2018;<italic>barmhartigheid</italic>&#x2019; teenoor die meer ekumeniese gebruik van die term <italic>diakonia</italic>. Volgens hom is barmhartigheid spesifiek omdat:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>die Bybelse begrip <italic>barmhartigheid</italic> &#x2019;n visie bied op God se genadige en ontfermende verbondstrou wat in weldadige goedgunstigheid &#x2026; daadwerklik bystand aan die sorgbehoewende verleen;</p></list-item>
<list-item><p>ons in die koms van Christus na die aarde en in sy verkondiging en verheerliking deur die Heilige Gees, die duidelikste uitdrukking en samevatting van God se barmhartigheid vind;</p></list-item>
<list-item><p>ons in die barmhartigheid van God die gronde vind waarop die bondeling in nood aanspraak kan maak op die hulp en bystand van die almagtige Vader (vgl. Ps 146);</p></list-item>
<list-item><p>dit die motivering en rede bied vir die bondeling se plig om barmhartigheid teenoor mekaar en teenoor ander te bewys; en</p></list-item>
<list-item><p>die begrip &#x2019;n religieuse en Bybelse term is wat &#x2019;n teosentriese fundering bied vir die kerk se opdrag tot weldadigheid en mededeelsaamheid.<xref ref-type="fn" rid="FN0009"><sup>9</sup></xref></p></list-item>
</list>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Die soeke na nuwe terme</title>
<p>Aan die einde van die vorige eeu was daar verskeie gesprekke en prosesse in die NG Kerk, asook die familie van NG Kerke, om nuwe konsepte ten opsigte van hierdie kerke se barmhartigheidsdiens te probeer vestig. &#x2019;n Belangrike katalisator vir hierdie pogings was &#x2019;n konferensie wat in 1986 deur die vier kerke in die NG Kerkfamilie gehou is oor die tema &#x2018;Wat is Sending?&#x2019;</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Diens en getuienis in eenheid</title>
<p>Na aanleiding van die herdefinering van <italic>Sending</italic> waarna hierbo verwys word, het die Algemene Kommissie vir Sending en Evangelisasie (AKSE) in 1994 in samewerking met die AKDB &#x2019;n aanbeveling oor die onderskeid tussen &#x2018;interkerklike hulpverlening&#x2019; en &#x2018;diakonaat oor kerkgrense heen&#x2019; aan die Algemene Sinode voorgel&#x00EA;. Hierdie aanbeveling het die Algemene Sinode versoek om die beleid van die NG Kerk dat interkerklike hulpverlening en diakonaat oor kerkgrense sendingaktiwiteite is, te verander. Volgens genoemde twee kommissies strek die skopus van interkerklike hulpverlening verder as diakonaat oor kerkgrense en derhalwe hoort hierdie aktiwiteit tuis by die onderskeie kerkvergaderinge. Hierteenoor het &#x2018;diakonaat oor kerkgrense heen&#x2019; te make met aangeleenthede van barmhartigheidsdiens soos armoede, geregtigheid, sosiale verhoudings en maatskaplike wantoestande en daarom is hulle deel van die kerk se diakonaat (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1994</xref>:214).</p>
<p>Die gesprek oor &#x2019;n nuwe definisie van die sending van die kerk het verder meegebring dat die skeiding wat die NG Kerk tussen sending en diens van barmhartigheid gemaak het, onhoudbaar geword het (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2002a</xref>:230). In &#x2019;n verslag van die ASSK verduidelik di&#x00E9; kommissie kommissie dat die onhoudbaarheid van hierdie skeiding wyer strek as net die praktyk (funksionele onderskeiding), maar ook indruis teen die roeping van die kerk om met woord en daad in diens van God in die w&#x00EA;reld besig te wees. Hierdie siening is deur die AKDB gedeel en in 2004 besluit die twee kommissies om een verslag onder die opskrif &#x2018;Diensgetuienis&#x2019; na die Algemene Sinode wat in daardie jaar vergader het, te neem. In hierdie verslag rapporteer die twee kommissies ook dat hulle reeds sedert die vorige sinode (2002) meestal saam vergader.</p>
<p>In 2006 het die Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis (VDDG) ontstaan wat saamgestel is uit die diens van barmhartigheid en die sendingbedieninge van die NG Kerk, die VGKSA, die NGKA en die RCA. &#x2019;n Resultaat van hierdie gesamentlike gesprek was die dokument: &#x2018;Ons roeping tot diens en getuienis in eenheid. &#x2019;n Teologiese grondslag vir die NG Kerkfamilie se mission&#x00EA;re bedieninge&#x2019;. In hierdie dokument toon die VDDG aan dat in terme van die <italic>missio</italic> die diens van van barmhartigheid en sending twee kante (aspekte) van dieselfde saak is naamlik die sending van die drie-enige God. Die VDDG is ongelukkig later deur die gesamentlike moderaturevergadering van die vier kerke in die NG Kerkfamilie ontbind wat meegebring dat die konsepte <italic>diens</italic> en <italic>getuienis in eenheid</italic> nie verder in die familie van NG Kerke gevestig is nie.</p>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>Mission&#x00EA;re diakonaat</title>
<p>Die Algemene Diensgroep vir Diens en Getuienis (ADD) wat ontstaan het uit die samevoeging van die Sendingkommissie (ASSK) en die Diens van Barmhartigheidskommissie (AKDB), het in hulle verslag aan die Algemene Sinode wat in 2007 vergader het, &#x2019;n omskrywing gegee van hoe hulle mission&#x00EA;r diakonale gemeentes verstaan (AS 2007a:83&#x2013;85).<xref ref-type="fn" rid="FN0010"><sup>10</sup></xref> Die teologiese basis van hierdie omskrywing is God se sending (<italic>missio Dei</italic>) en die feit dat die kerk geroep is as God se medewerkers hierin. Dit beteken dat &#x2018;getuienis&#x2019; die bestaansrede vir die kerk is en getuienis gebeur deur woorde en dade. In sy proefskrif verduidelik Knoetze (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2002</xref>:205) dat die mission&#x00EA;re diakonaat &#x2018;dankbaarheidsdade van die kerk&#x2019; is wat gestalte vind in verskeie vorme van die diakonaat wat uitdrukking gee aan God se liefde en betrokkenheid by die w&#x00EA;reld.</p>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Diens en geregtigheid</title>
<p>Nog &#x2019;n poging uit die vroe&#x00EB; 1990&#x2019;s het begin toe verteenwoordigers van die barmhartigheidsbedieninge van die vier kerke in die NG Kerkfamilie in gesprek getree het oor &#x2018;hoe ons mekaar tot diens kan wees&#x2019; (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1994</xref>). Hierdie aksie het gelei tot &#x2019;n gesprek op 18&#x2013;20 Maart 1992 oor die tema &#x2018;Diakonaat in die Suid-Afrikaanse konteks&#x2019;. Tydens hierdie gesprek is &#x2019;n visie vir die barmhartigheidsbediening van die NG Kerkfamilie geformuleer wat soos volg lui:</p>
<disp-quote>
<p>Ons visie is om in navolging van Jesus Christus as &#x00E9;&#x00E9;n vredesdiakonaat van &#x2019;n verenigde NG Kerkfamilie in samewerking met ander kerke in die gemeenskap die totale gebroke SA gemeenskap deur aksies van geregtigheid en barmhartigheid te transformeer. (p. 258)</p>
</disp-quote>
<p>In die proses wat op hierdie gesprek gevolg het, is &#x2019;n Verklaring van Voorneme opgestel wat gelei het tot die skryf van &#x2019;n &#x2018;Konsepreglement vir die Algemene Kommissie vir die diens van Barmhartigheid en Geregtigheid&#x2019; waarin die doelstellings, struktuur en diakonale programme uiteengesit is. Hierdie Reglement is in 1994 deur die Algemene Sinode van die NG Kerk goedgekeur en in <italic>Die Kerkorde van die NG Kerk</italic> opgeneem. Ongelukkig het di&#x00E9; kommissie nooit gekonstitueer nie en is die gedagte dat barmhartigheid en geregtigheid bymekaar hoort as twee komponente van &#x00E9;&#x00E9;n vredesdiakonaat, nooit verder in die familie van NG Kerke uitgewerk en ge&#x00EF;mplementeer nie.</p>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Missionale diakonaat</title>
<p>Teen die einde van die vorige eeu het &#x2019;n diskoers in die NG Kerk ontstaan oor die rol of roeping van die kerk in die nuwe konteks van Suider-Afrika. Gesprekke hieroor is op verskeie forums en in kommisies van die NG Kerk gevoer. Hierbo is reeds melding gemaak van die verslag van die ADD waarin hulle die Algemene Sinode in 2007 van &#x2019;n omskrywing van mission&#x00EA;r diakonale gemeentes bedien het. In 2002 het die Algemene Kommissie vir Gemeentebediening (AKG) &#x2019;n gespreksdokument in die vorm van twintig stellings aangaande teologiese en prakties teologiese uitgangspunte met die oog op kerkwees in die 21ste eeu aan die Algemene Sinode voorgel&#x00EA;. Na aanleiding hiervan het hierdie sinode opdrag gegee dat &#x2019;n &#x2018;meer afgebakende en praktiese gemeentelike ekklesiologie ontwikkel moet word&#x2019; (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2002b</xref>:615). Die verslag wat op hierdie opdrag gevolg het, het in 2007 by die Algemene Sinode gedien. Aangaande hierdie verslag merk Van Der Merwe (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2014</xref>:108) op dat hoewel die verslag enkele aspekte van die gemeente se mission&#x00EA;re gestuurdheid opper, dit opvallend is dat die saak nie groter aandag kry nie.</p>
<p>Die besinning oor die mission&#x00EA;re aard van die gemeente is in 2011 deur die Algemene Sinode voortgesit. By hierdie sinode het die Algemene Diensgroep vir Gemeente-ontwikkeling (ADGO)<xref ref-type="fn" rid="FN0011"><sup>11</sup></xref> &#x2019;n verslag voorgel&#x00EA; waarin &#x2019;n &#x2018;missionale&#x2019; ekklesiologie beskryf is. In die inleiding merk die diensgroep op dat die NG kerk inderdaad by &#x2019;n waterskeiding ten opsigte van hierdie kerk se verstaan van die wese en aard van gemeentes gekom het (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2011a</xref>:103). Die volgende aanhaling weerspie&#x00EB;l die &#x2018;verruiming&#x2019; in die ekklesiologie van die NG Kerk wat volgens die ADGO aan die gebeur is:</p>
<disp-quote>
<p>Terwyl die kerk die boodskap van God se nuwe bedeling verkondig, is dit ook midde-in die alledaagse lewe teenwoordig as &#x2019;n instrument in diens van die nuwe bedeling. Uiteindelik gaan dit om die koninkryk of die heerskappy van God in die w&#x00EA;reld &#x2013; dit is die einddoel van die kerk se roeping ot getuienis. (p. 133)</p>
</disp-quote>
<p>In die lig van die onderskeie dokumente wat uit die besinning oor die roeping van die kerk in die nuwe konteks en tydvak ontstaan het, het die Algemene Sinode van 2011 (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2011b</xref>) besluit dat die verskillende dokumente in een dokument ge&#x00EF;ntegreer moet word:</p>
<disp-quote>
<p>&#x2026; wat as &#x2019;n raamwerk vir die kerk in al haar verbande (Algemene Sinode, sinodes, ringe en gemeentes) sal dien. Hierdie dokument moet nie net &#x2019;n teologiese besinning nie, maar ook riglyne vir die praktyk bevat. (p. 114)</p>
</disp-quote>
<p>Hierdie saamgevoegde dokument onder die titel &#x2018;Raamwerkdokument oor die missionale aard en roeping van die NG Kerk&#x2019; is in 2013 deur die Algemene Sinode in ontvangs geneem:</p>
<disp-quote>
<p>&#x2026; as &#x2019;n dokument wat uitdrukking gee aan die geloofsonderskeidende prosesse wat die afgelope dekade aandag aan die wese en aard van die kerk en haar getuienis in die w&#x00EA;reld gegee het. (AS <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2013b</xref>:8)</p>
</disp-quote>
<p>Hierdie Raamwerkdokument is nie slegs die kulminasie van &#x2019;n intensiewe gesprek wat in verskeie forums in die NG Kerk, asook die NG Kerkfamilie gevoer is nie, maar dit is ook die basisteologie waarop &#x2019;n nuwe ekklesiologie<xref ref-type="fn" rid="FN0012"><sup>12</sup></xref> sedertdien in die NG Kerk begin ontwikkel het.</p>
<p>Hierbo is reeds daarna verwys dat diens en getuienis &#x2013; of woord &#x00E9;n daad &#x2013; wesentlik twee aspekte van <italic>missio Dei</italic> is. In die lig hiervan waarsku Van Der Merwe (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2014</xref>:214) dat daar &#x2019;n moontlikheid bestaan dat die konsep &#x2018;mission&#x00EA;re diakonaat&#x2019; as &#x2019;n tipe of &#x2019;n modus van diakonaat verstaan kan word en dat die krag van die verweefdheid van woord en daad sodoende verlore kan gaan. Daarom verkies hy die byvoeglike naamwoord &#x2018;missionale&#x2019; om te beklemtoon dat die diakonaat &#x2019;n wesenlike aspek van die kerk se roeping as medewerker en dienskneg in God se sending (<italic>missio Dei</italic>) is. Gebaseer op die definisie van diakonaat in die Raamwerkdokument (NG Kerk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2013a</xref>:207 par.10),<xref ref-type="fn" rid="FN0013"><sup>13</sup></xref> omskryf Van Der Merwe (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2014</xref>) die konsep missionale diakonaat soos volg:</p>
<disp-quote>
<p>Die missionale diakonaat is gerig op die herstel van God se heerskappy in die w&#x00EA;reld. Deur missionale diakonaat is die kerk in verskillende gestaltes, as dienskneg en deelnemer aan God se sending, betrokke by die voorkoming en bestryding van die lyding en maatskaplike nood van indvidue, groepe en gemeenskappe asook die bevordering van regverdige verhoudings binne die kerk en samelewing. (p. 214)</p>
</disp-quote>
</sec>
<sec id="s0008">
<title>&#x2019;n Nuwe verstaan van <italic>diakonia</italic></title>
<p>Hierbo is daarna verwys dat die term &#x2018;<italic>diaconal ministry</italic>&#x2019; problematies is. Een rede hiervoor is die feit dat die Griekse woord <italic>diakonia</italic> in &#x2019;n verskeidenheid kontekste in die Nuwe Testament gebruik word en derhalwe nie aan een spesifieke bediening gekoppel is nie. Nog &#x2019;n rede is dat die term <italic>diakonia</italic> dikwels as &#x2019;n oorkoepelende term gebruik word om na &#x2019;n reeks aanverwante bedieninge te verwys. So byvoorbeeld kan die term verwys na die werk van die diaken, die gemeente se barmhartigheidsbediening, kerklike maatskaplike dienste of &#x2019;n teologiese studieveld. Die konsep <italic>diakonia</italic> of diakonaat word nie algemeen in die NG Kerk gebruik om na maatskaplike dienslewering te verwys nie. Sedert die laaste dekade van die vorige eeu word hierdie term egter algemeen gehoor in gesprekke oor die bedieninge van die kerk waar <italic>diakonia</italic> (kerk as dienskneg) as &#x2019;n sentrale aspek van kerk-wees, naas <italic>kerugma</italic> (kerk as boodskapper/verkondiger), <italic>leitourgia</italic> (kerk as sakrament) en <italic>koinonia</italic> (kerk as gemeenskap) genoem word (Burger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1999</xref>:116).</p>
<p>In die Protestantse w&#x00EA;reld word die woorde <italic>diaconia</italic> (Engels), <italic>diakonie</italic> (Duits) of <italic>diaconaat</italic> (Nederland) algemeen gebruik om na Christelike liefdesdiens en die kerk se maatskaplike diensprogramme te verwys. Noordegraaf (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">2009</xref>:11) is van mening dat die verskyning van Kittel se <italic>Theologisches W&#x00F6;rterbuch zum Neuen Testament</italic> in 1935 &#x2019;n belangrike bydrae gelewer het om die gebruik van die woord <italic>diakonia</italic> in Duitsland, en later, nadat hier woordeboek ook in Engels vertaal is, wyer in die w&#x00EA;reld te vestig. Die artikel in di&#x00E9; woordeboek wat oor die <italic>diakon</italic>-woordgroep handel, is deur H.W. Beyer geskryf. Hy het sterk gesteun op die doktorale verhandeling van Wilhelm Brandt wat in 1931 onder die titel <italic>Service and serving in the New Testament</italic> verskyn het. In hierdie studie kom Brandt tot die slotsom dat die woord <italic>diakonia</italic> uitsluitlik na Christelike liefdesdiens verwys (Houtepen <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2005</xref>:373; Noordegraaf <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">2009</xref>:11; Nordstokke <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">2011</xref>:43). Hierdie woordeboek het &#x2019;n belangrike standaardwerk in die teologie geword en Collins (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1990</xref>:6&#x2013;8) merk op dat, met enkele uitsonderings, almal wat later oor <italic>diakonia</italic> geskryf het, in navolging van Beyer (en Brandt), die woord gebruik met verwysing na Christelike liefdesdiens.</p>
<p>Byna ses dekades later, in 1990, publiseer die Australiese Nuwe-Testamentikus, John N. Collins, &#x2019;n studie oor die <italic>diakon</italic>-woordgroep waarin hy die klassieke verstaan van <italic>diakonia</italic> as nederige, lae-orde tafeldiens, bevraagteken. Volgens Collins het die antieke w&#x00EA;reld die <italic>diakon</italic>-woordgroep eerder in die konteks van &#x2019;n gestuurde wat as tussenganger namens iemand optree, gebruik. In die W&#x00EA;reldraad van Kerke het die gesprek oor die konseptualisering van <italic>diakonia</italic> reeds in 1986 &#x2019;n nuwe wending<xref ref-type="fn" rid="FN0014"><sup>14</sup></xref> geneem tydens die Lanarca Konsultasie.<xref ref-type="fn" rid="FN0015"><sup>15</sup></xref> Volgens Nordstokke (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">2011</xref>) het hierdie konsultasie die leiding geneem:</p>
<disp-quote>
<p>&#x2026; in disassociating the language of diakonia from its rather traditional north-European background, and the understanding of diakonia as charity and humble service &#x2026; Instead, it linked diakonia to the global challenges of poverty and injustice, to the radical analysis of their root causes and to bold advocacy in defense of marginalized groups. (p. 226)</p>
</disp-quote>
<p>Dit is duidelik dat daar aan die einde van die vorige eeu &#x2019;n nuwe en indringende gesprek oor die definisie en praktyk van <italic>diakonia</italic> ontstaan het. Ter illustrasie word na Nederland verwys. In 2001 het die Landelijke Diaconale Studiekring besluit om &#x2019;n nuwe inleiding in die &#x2018;diaconiewetenschap&#x2019; te skryf. Hierdie boek, <italic>Barmhartigheid en gerechtigheid. Handboek diaconiewetenschap</italic>, het in 2004 verskyn en bydraes uit verskillende geloofstradisies is hierin opgeneem. Aan die einde van die boek verskyn die volgende definisie van diakonaat:</p>
<disp-quote>
<p>Onder diaconaat/diaconie verstaan we het handelen vanuit en door kerken en andere door het evangelie ge&#x00EF;nspireerde groepen en bewegingen, dat gericht is op het voorkomen, opheffen, verminderen dan wel mee uithouden van lijden en maatschappelijke nood van individuen, en van groepen mensen en op het scheppen van rechtvaardige verhoudingen in kerk en sameleven. (Van Well &#x0026; Stoppels <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2005</xref>:392)</p>
</disp-quote>
<p>Die afgelope paar dekades het daar ook in veral Europa en Skandinawi&#x00EB; &#x2019;n beweging ontstaan om <italic>diakonia</italic> as &#x2019;n wetenskap of teologiese subdissipline te vestig.<xref ref-type="fn" rid="FN0016"><sup>16</sup></xref> Uit Nederlandse geledere het daar in 2011 &#x2019;n tweede boek verskyn met die titel <italic>Diaconie in beweging</italic>. Hierin omskryf Noordegraaf en Wissink (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2011</xref>) die studieveld soos volg:</p>
<disp-quote>
<p>Diaconiewetenschap is de doordenking van het diaconaat/de diaconie. Ze omvat zowel beschrijving, theorievorming, analyse, evaluatie en ontwikkeling van handelingsperspectieven. In het onderzoek zal de diaconiewetenschap interdissiplinair te werk gaan. Dat &#x2018;interdisciplinaire&#x2019; heeft betrekking op de subdisciplines van de theologie en op die verwerking van inzichten en gegevens uit andere wetenchappen. (p. 390)</p>
</disp-quote>
</sec>
<sec id="s0009">
<title>Invloed van ander vakdissiplines</title>
<p>Die huidige diskoers aangaande die konseptualisering en operasionalisering van <italic>diakonia</italic> is ook &#x2019;n interdissiplin&#x00EA;re gesprek. Hierdie studie word afgesluit met enkele opmerkings ten opsigte van die gesprekke tussen diakonaat en maatskaplike werk en diakonaat en ontwikkelingstudies.</p>
</sec>
<sec id="s0010">
<title>Kerklike maatskaplike werk</title>
<p>Die idee om die kennis en vaardighede van professionele maatskaplike werk in die NG Kerk se Armesorg te benut, het ontstaan tydens &#x2019;n studiereis wat ds. P. Du Toit (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1971</xref>:135 vv) in 1932 na die VSA onderneem het terwyl hy die algemene sekretaris van die Transvaalse Armesorgkommissie was. Die doel van hierdie reis was om ondersoek in te stel na nuwe maniere om grootskaalse armoede te beveg. In die VSA het hy kennis geneem van die nuwe professie Maatskaplike Werk. Hoewel die opleiding en lewensuitkyk van hierdie vakkundiges humanisties van aard was, het ds. Du Toit tog geoordeel dat die NG Kerk van hierdie nuwe professie kennis behoort te neem en derhalwe het hy die aangeleentheid sterk beklemtoon in sy verslag aan die destydse Transvaalse Armesorgkommissie.</p>
<p>&#x2019;n Belangrike katalisator vir die vestiging van Maatskaplike Werk in Suid-Afrika was die Volkskongres wat in 1934 in Kimberley gehou is. Hierdie vergadering het ondere meer besluit: &#x2018;die Kongres is diep onder die indruk van die behoefte aan deskundige maatskaplike werk en raadgewing en versoek die regeringsdepartemente om sover moontlik gebruik te maak van opgeleide werkers&#x2019; (Du Toit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1971</xref>:135).</p>
<p>Die Vroue-Sendingbond van die Kaapse Kerk het hierdie behoefte reeds vroe&#x00EB;r raakgesien en in 1924 is die kursus om vroue as sendingwerkers aan Friedenheim op te lei, uitgebrei om ook voorsiening te maak vir binnelandse werkers (armesorgwerkers). Volgens die prospektus van Friedenheim was die doel van hierdie kursus:</p>
<disp-quote>
<p>&#x2026; om jong dames van ons kerk so toe te rus dat hulle in staat sal wees om diegene onder wie hulle arbeid nie enkel op maatskaplike gebied op te hef nie, maar ook geestelik te be&#x00EF;nvloed. (Du Toit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1971</xref>:136)</p>
</disp-quote>
<p>&#x2019;n Verdere stimulus vir die opleiding en aanstelling van kerklike (Christelike) maatskaplike werkers was die omvattende ondersoek na die verstedeliking van die Afrikaner wat die Federale Armesorgraad in die middel-veertigerjare van die vorige eeu onderneem het. Die verslag is in 1947 in boekvorm gepubliseer onder die titel <italic>Kerk en stad</italic>. Ten opsigte van kerklike maatskaplike werk beveel hierdie verslag aan:</p>
<disp-quote>
<p>Die tyd het aangebreek dat die Kerk (NG Kerk) se eie wel toegeruste skool vir die opleiding van Christelike arbeidskragte van allerlei aard sal stig, soos maatskaplike werksters, matrones en ander inrigtingwerksters, jeugleiers (leidsters) en selfs manlike werkers. (<italic>Kerk en stad</italic> <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1947</xref>:320)</p>
</disp-quote>
<p>Hierdie droom het &#x2019;n werklikheid geword met die opening van die Hugenote Kollege in Wellington aan die begin van 1951.</p>
<p>Kerklike maatskaplike werk is professionele maatskaplike werk wat in die spesifieke konteks van die kerk gelewer word (Lindeque <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1990</xref>:159; Yancey &#x0026; Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">2014</xref>:1). Volgens Garland (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1997</xref>:97) is kerklike maatskaplike werk &#x2019;n praktyk-spesialisasie (konteks) en nie &#x2019;n waarde- of geloofsisteem van die professionele maatskaplike werker nie. Hierdie siening verskil ietwat van die droom van die Federale Armesorgraad (sien hierbo) om &#x2018;Christelike arbeidskragte&#x2019; op te lei. Garland se verstaan impliseer dat &#x2019;n maatskaplike werker wat nie &#x2019;n Christen is nie, wel in &#x2019;n kerklike maatskaplikediensorganisasie kan werk, mits die persoon die identiteit, missie en etos van die organisasies aanvaar en in daardie konteks wil werk.</p>
<p>In praktyk beteken dit dat &#x2019;n kerklike maatskaplike werker tergelykertyd binne die professionele waardesisteem van Maatskaplike Werk, asook die waardestelsel van die kerklike organisasie werk en hier l&#x00EA; die spanning tussen kerklike maatskaplike werk as deel van die kerk se diakonaat en Maatskaplike Werk as vakdissipline. Hoewel beide die diakonaat en Maatskaplike Werk op maatskaplike verandering en ontwikkeling, maatskaplike kohesie en die bemagtiging en bevryding van mense fokus en beginsels soos maatskaplike geregtigheid, respek vir diversiteit en die regte van mense vir beide dissiplines in die kern staan, is daar wesenlike verskille tussen die diakonaat en Maatskaplike Werk. Die uitdaging waarmee diakonale (kerklike) organisasies gekonfronteer word, is om te verseker dat die personeel binne die teologie en etos van die organisasie kan werk sonder om hul professionele waardes en praktyk te versaak.</p>
</sec>
<sec id="s0011">
<title>Kerklike maatskaplike dienste</title>
<p>Volgens <italic>Die nuwe woordeboek vir Maatskaplike werk</italic> (Vaktaalkommissie vir Maatskaplike Werk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1995</xref>:37) verwys die term &#x2018;maatskaplike dienste&#x2019; na enige maatskaplike welsynsdiens of programme. Kerklike maatskaplike dienste is derhalwe &#x2019;n omvattende term wat maatskaplike dienste insluit.</p>
</sec>
<sec id="s0012">
<title>Gemeenskapsontwikkkeling</title>
<p>Die diskoers in die NG Kerk oor missionale kerkwees het die Kerk opnuut bewus gemaak van haar roeping in die w&#x00EA;reld en die aandag gevestig op maatskaplike ontwikkeling (Hendriks <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2007</xref>:1014). Tydens die vergadering van die Algemene Sinode (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2002b</xref>:584) in 2002 het die NG Kerk haar &#x2018;opnuut verbind tot ons kontinent, in die besonder Suider-Afrika&#x2019; en verklaar: &#x2018;Ons wil ook &#x2019;n verskil maak. Daarom verbind ons ons om mee te werk aan oplossings vir ons samelewing&#x2019;. Die ekumeniese kerk het egter al in die 1960&#x2019;s &#x2019;n skuif begin maak in die rigting van &#x2018;a new progressive engagement in the contemporary socio-economic problematic of poverty and under-development through its concern with development&#x2019; (Swart <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">2006</xref>:31).<xref ref-type="fn" rid="FN0017"><sup>17</sup></xref></p>
<p>Gemeenskapsontwikkeling is egter &#x2019;n aspek van die groter ontwikkelingstema. Daar is ook ekonomiese ontwikkeling, staatkundige ontwikkeling en maatskaplike ontwikkeling. Hoewel daar in die ekumeniese gesprek oor die diakonaat konsensus bestaan dat &#x2019;n ontwikkelingsbenadering sentraal in die diakonaat behoort te wees, is hierdie aspek nog nie goed ontwikkel in die diakonale praxis van die NG Kerk nie.</p>
</sec>
<sec id="s0013">
<title>Gevolgtrekking</title>
<p>Ten einde verdere gesprek en navorsing aangaande die konseptualisering en operasionalisering van haar betrokkenheid by maatskaplike nood in Suider-Afrika in die NG Kerk te bevorder, word die volgende voorlopige gevolgtrekkings gemaak:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>Die barmhartigheid van God soos verpersoonlik in die liefdesdiens van Christus is die sentrale motief vir die NG Kerk se betrokkenheid by die maatskaplike nood van die w&#x00EA;reld. Vir hierdie kerk dui die konsep <italic>diakonia</italic> (Afrikaans: diens) eerder op hoe die kerk barmhartigheid beoefen. Om hierdie rede was die NG Kerk negatief teenoor die besinning in die WRK aangaande &#x2019;n verruimde konseptualisering van die term <italic>diakonia</italic>.</p></list-item>
<list-item><p>Betrokkenheid by die maatskaplike nood van haar lidmate, maar ook die gemeenskap, is deel van die wese van die NG Kerk. Vanwe&#x00EB; die groot sosio-ekonomiese nood waarin lidmate van die NG Kerk en die bre&#x00EB;r Afrikanervolk aan die einde van die 19de eeu in Suid-Afrika verkeer het, het die barmhartigheidsbediening van di&#x00E9; kerk al meer eksklusief op geloofs- en volksgenote gefokus. Hierdie fokus, asook &#x2019;n vertroebelde sendingdefinisie, het veroorsaak dat die NG Kerk &#x2019;n valse skeiding tussen sending en diens van barmhartigheid begin maak het.</p></list-item>
<list-item><p>Die NG Kerk het vroeg reeds besef dat &#x2019;n holistiese en wetenskaplike benadering nodig is om die komplekse blanke armoedevraagstuk te bekamp. Dit het daartoe gelei dat hierdie kerk vakkundig opgeleide, professionele maatskaplike werkers aangestel het om die Kerk se diens van barmhartigheid te komplementeer en te versterk. Ongelukkig het die stap daartoe gelei dat die barmhartigheidsbediening van gemeentes mettertyd verskraal het tot &#x2018;liefdadigheidsprojekte&#x2019; en korttermyn-uitreikaksies terwyl die sinodaal georganiseerde kerlik maatskaplike diensorganisasies ontwikkelde en professioneel maatskaplike diensorganisasies geword het wat hoofsaaklik in die staatsgereguleerde, formele maatskaplike welsynsektor werk. Die gevolg hiervan is dat die teologiese besinning oor die diakonaat van die kerk al minder aandag gekry het.</p></list-item>
<list-item><p>Hoewel die NG Kerk klaarblyklik ekklesiologies skuif in die rigting van &#x2019;n missionale kerk, wil dit voorkom asof die missionale teologie nog nie wyd neerslag vind in hierdie kerk se denke aangaande diakonaat nie.</p></list-item>
</list>
</sec>
<sec id="s0014">
<title>Slot</title>
<p>In die titel word gevra hoe belangrik dit is dat die NG Kerk haar maatskaplike betrokkenheid in die w&#x00EA;reld <italic>diens van barmhartigheid</italic> of <italic>diakonaat</italic> noem. Dit blyk inderdaad belangrik te wees om die konsep <italic>diakonia</italic> ernstig te oorweeg indien die NG Kerk deel wil wees van die voortgaande ekumeniese besinning aangaande die diakonaat van die kerk.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20015" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat nadelig kon be&#x00EF;nvloed in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
<sec id="s20016">
<title>Outersbydrae</title>
<p>W.V.D.M., was die enigeste outeur betrokke by die skryf van die artikel.</p>
</sec>
<sec id="s20017">
<title>Etiese oorwegings</title>
<p>Hierdie artikel voldoen aan alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.</p>
</sec>
<sec id="s20018">
<title>Befondsing</title>
<p>Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersi&#x00EB;le of nie-winsgewende sektore.</p>
</sec>
<sec id="s20019" sec-type="data-availability">
<title>Databeskikbaarheidsverklaring</title>
<p>Datadeling is nie van toepassing op hierdie artikel nie, aangesien geen nuwe data in hierdie studie geskep of ontleed is nie.</p>
</sec>
<sec id="s20020">
<title>Vrywaring</title>
<p>Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is di&#x00E9; van die outeur (s) en weerspie&#x00EB;l nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeurs nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Albertyn</surname>, <given-names>J.R</given-names></string-name>., <string-name><surname>Du Toit</surname>, <given-names>P</given-names></string-name> &#x0026; <string-name><surname>Theron</surname>, <given-names>H.S</given-names></string-name></person-group>. <year>1947</year>, <source><italic>Kerk en stad. Kommissie van ondersoek oor stadstoestande</italic></source>, <publisher-name>Pro Ecclesia</publisher-name>, <publisher-loc>Stellenbosch</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>1962</year>, <source><italic>Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>1994</year>, <source><italic>Agenda vir die negende vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>2002a</year>, <source><italic>Agenda vir die elfde vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>2002b</year>, <source><italic>Handelinge van die elfde vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>2011a</year>, <source><italic>Agenda vir die veertiende vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>2011b</year>, <source><italic>Handelinge van die veertiende vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>2013a</year>, <source><italic>Agenda vir die vyftiende vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>2013b</year>, <source><italic>Handelinge van die vyftiende vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Algemene Sinode van NG Kerk (AS)</collab></person-group>, <year>2019</year>, <source><italic>Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Algemene Sinode</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Botha</surname>, <given-names>L.L.N</given-names></string-name></person-group>., <year>1957</year>, <source><italic>Die maatskaplike sorg van die NG Kerk in Suid-Afrika (1928&#x2013;1953)</italic></source>, <publisher-name>Paarlse Drukpers</publisher-name>, <publisher-loc>Paarl</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Burger</surname>, <given-names>C.W</given-names></string-name></person-group>., <year>1999</year>, <source><italic>Gemeentes in die kragveld van die Gees</italic></source>, <publisher-name>BUVTON</publisher-name>, <publisher-loc>Stellenbosch</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Collins</surname>, <given-names>J.N</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, <source><italic>Diakonia. Re-interpreting the ancient sources</italic></source>, <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>New York, NY</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Klerk</surname>, <given-names>J.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1976</year>, <source><italic>Weldadigheid en mededeelsaamheid</italic></source>, <publisher-name>NG Kerk-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Klerk</surname>, <given-names>J.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, &#x2018;<chapter-title>Inleiding</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>J.J</given-names>. <surname>De Klerk</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Die diens van barmhartigheid van die NG Kerk. (&#x2019;n Diakonologiese studie)</italic></source>, pp. <fpage>3</fpage>&#x2013;<lpage>10</lpage>, <publisher-name>NG Kerk-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Toit</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>1971</year>, <source><italic>Die salf van eie gom</italic></source>, <publisher-name>NG Kerk-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="thesis"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Eurich</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, <source><italic>From the past to the future. The development of diaconia in Germany since the 19th century and its influence on the church in South Africa</italic></source>, <comment>Unpublished dissertation</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Garland</surname>, <given-names>D.R</given-names></string-name></person-group>., <year>1997</year>, &#x2018;<article-title>Church social work</article-title>&#x2019;, <source><italic>Social Work and Christianity</italic></source> <volume>24</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>94</fpage>&#x2013;<lpage>113</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1300/J010v24n03_09">https://doi.org/10.1300/J010v24n03_09</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hall</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Research on the diaconate; A retrospective view of promise and challenge</article-title>&#x2019;, <source><italic>International Journal for the study of the Christian Church</italic></source> <volume>13</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>258</fpage>&#x2013;<lpage>269</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1080/1474225X.2014.892730">https://doi.org/10.1080/1474225X.2014.892730</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ham Stannard</surname>, <given-names>C.E</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, <source><italic>Empowering diakonia: A model for service and transformation in the ecumenical movement and local congregations</italic></source>, <publisher-name>Vrije Universiteit</publisher-name>, <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hendriks</surname>, <given-names>H.J</given-names></string-name></person-group>. <year>2007</year>. <article-title>Missional Theology and social development</article-title>. <source><italic>HTS</italic></source> <volume>63</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>999</fpage>&#x2013;<lpage>1016</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Houtepen</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2005</year>, &#x2018;<chapter-title>Diaconia opniew ge&#x00EF;nterpreteerd</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>S</given-names>. <surname>Stoppels</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Crijns</surname></string-name>, <string-name><given-names>W</given-names>. <surname>Elhorst</surname></string-name>, <string-name><given-names>L</given-names>. <surname>Miedema</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Noordegraaf</surname></string-name>, <string-name><given-names>P</given-names>. <surname>Robbers-Van Berkel</surname></string-name> <etal>et al</etal>. (reds.)</person-group>, <source><italic>Barmhartigheid en gerechtigheid. Handboek diaconiewetenschap</italic></source>, <edition>2de</edition> uitg., pp. <fpage>366</fpage>&#x2013;<lpage>379</lpage>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Knoetze</surname>, <given-names>J.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2002</year>, <source><italic>Teologiese motiewe vir &#x0149; mission&#x00EA;r diakonale bediening van die kerk. Op weg na &#x0149; begronding van die mission&#x00EA;r diakonale ekklesiologie</italic></source>, <publisher-name>Universiteit van Pretoria</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lindeque</surname>, <given-names>R.C</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, &#x2018;<chapter-title>Kerklike Gesinsorg</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>J.J</given-names>. <surname>De Klerk</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Die diens van barmhartigheid van die NG Kerk (&#x0149; Diakonologiese studie)</italic></source>, pp. <fpage>147</fpage>&#x2013;<lpage>171</lpage>, <publisher-name>NG Kerk-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nieuwoudt</surname>, <given-names>M.M</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, &#x2018;<chapter-title>Praktiese implementering in die vaderlandse Kerkgeskiedenis (die Nederduitse Gereformeerde Kerk)</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>J.J</given-names>. <surname>De Klerk</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Die diens van barmhartigheid van die NG Kerk. (&#x0149; Diakonologiese studie)</italic></source>, pp. <fpage>74</fpage>&#x2013;<lpage>102</lpage>, <publisher-name>NG Kerk-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>NG Kerk in SA (NGKSA)</collab></person-group>, <year>1915</year>, <source><italic>Skema van werksaamhede, Sinode 1915</italic></source>, <publisher-name>NG Kerk in Suid-Afrika</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>NG Kerk in SA (NGKSA)</collab></person-group>, <year>1957a</year>, <source><italic>Handelinge van die drie-en-dertigste vergadering van die sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika</italic></source>, <publisher-name>NG Kerk in Suid-Afrika</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>NG Kerk in SA (NGKSA)</collab></person-group>, <year>1957b</year>, <source><italic>Bepalinge en reglemente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika</italic></source>, <publisher-name>NG Kerk in Suid-Afrika</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Noordegraaf</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<chapter-title>Inleiding</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G.C</given-names>. <surname>Den Hertog</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>A</given-names>. <surname>Noordegraaf</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Dienen en delen, Basisboek diaconaat</italic></source>, pp. <fpage>9</fpage>&#x2013;<lpage>26</lpage>, <publisher-name>Boekecentrum</publisher-name>, <publisher-loc>Zoetermeer</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Noordegraaf</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Wissink</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<chapter-title>Een agenda voor de diaconiewetenschap</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Crijns</surname></string-name>, <string-name><given-names>E</given-names>. <surname>Hogema</surname></string-name>, <string-name><given-names>L</given-names>. <surname>Miedema</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Noordegraaf</surname></string-name>, <string-name><given-names>P</given-names>. <surname>Robbers-Van Berkel</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Van Well</surname></string-name> <etal>et al</etal>. (reds.)</person-group>, <source><italic>Diaconie in beweging. Handboek diaconiewetenschap</italic></source>, pp. <fpage>390</fpage>&#x2013;<lpage>404</lpage>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nordstokke</surname>, <given-names>K</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Reflections on the theology of diakonia</article-title>&#x2019;, <source><italic>Diakonian Tutkimus</italic></source> <volume>2</volume>, <fpage>223</fpage>&#x2013;<lpage>233</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Stoppels</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2005</year>, &#x2018;<chapter-title>In het begin was diakonia</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>S</given-names>. <surname>Stoppels</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Crijns</surname></string-name>, <string-name><given-names>W</given-names>. <surname>Elhorst</surname></string-name>, <string-name><given-names>L</given-names>. <surname>Miedema</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Noordegraaf</surname></string-name>, <string-name><given-names>P</given-names>. <surname>Robbers-Van Berkel</surname></string-name> <etal>et al</etal>. (reds.)</person-group>, <source><italic>Barmhartigheid en gerechtigheid. Handboek diaconiewetenschap</italic></source>, <edition>2de</edition> uitg., pp. <fpage>392</fpage>&#x2013;<lpage>398</lpage>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Swart</surname>, <given-names>I</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, <source><italic>The churches and the development debate: Perspectives on a fourth generation approach</italic></source>, <publisher-name>SUN Press</publisher-name>, <publisher-loc>Stellenbosch</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Vaktaalkommissie vir Maatskaplike Werk</collab></person-group>, <year>1995</year>, <source><italic>Die nuwe woordeboek vir Maatskaplike Werk</italic></source>, <publisher-name>CTP Book Printers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Der Merwe</surname>, <given-names>W.C</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, <source><italic>Met Woord en Daad in diens van God. Die diakonaat van die NG Kerk in postapartheid Suid-Afrika</italic></source>, <comment>Ongepubliseerde proefskrif</comment>, <publisher-name>Universiteit Stellenbosch</publisher-name>, <publisher-loc>Stellenbosch</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0036"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Der Merwe</surname>, <given-names>W.C</given-names></string-name></person-group>., <year>2021</year>, &#x2018;<chapter-title>Examples and concepts of diaconia in Southern African Christianity</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G</given-names>. <surname>Ampony</surname></string-name>, <string-name><given-names>M</given-names>. <surname>B&#x00FC;scher</surname></string-name>, <string-name><given-names>B</given-names>. <surname>Hofmann</surname></string-name>, <string-name><given-names>F</given-names>. <surname>Ngnintedem</surname></string-name>, <string-name><given-names>D</given-names>. <surname>Solon</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>D</given-names>. <surname>Werner</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>International handbook on ecumenical diakonia</italic></source>, pp. <fpage>191</fpage>&#x2013;<lpage>196</lpage>, <publisher-name>Regnum Books International</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0037"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Well</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Stoppels</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2005</year>, &#x2018;<chapter-title>De definitie opnieuw beschoud</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>S</given-names>. <surname>Stoppels</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Crijns</surname></string-name>, <string-name><given-names>W</given-names>. <surname>Elhorst</surname></string-name>, <string-name><given-names>L</given-names>. <surname>Miedema</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Noordegraaf</surname></string-name>, <string-name><given-names>P</given-names>. <surname>Robbers-Van Berkel</surname></string-name> <etal>et al</etal>. (reds.)</person-group>, <source><italic>Barmhartigheid en gerechtigheid. Handboek diaconiewetenschap</italic></source>, <edition>2de</edition> uitg., pp. <fpage>392</fpage>&#x2013;<lpage>398</lpage>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0038"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Werner</surname>, <given-names>D</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Ross</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2021</year>, &#x2018;<chapter-title>Terminologies, learning processes and recent developments in ecumenical diakonia in the ecumenical movement</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G</given-names>. <surname>Ampony</surname></string-name>, <string-name><given-names>M</given-names>. <surname>B&#x00FC;scher</surname></string-name>, <string-name><given-names>B</given-names>. <surname>Hofmann</surname></string-name>, <string-name><given-names>F</given-names>. <surname>Ngnintedem</surname></string-name>, <string-name><given-names>D</given-names>. <surname>Solon</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>D</given-names>. <surname>Werner</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>International handbook on ecumenical diakonia</italic></source>, pp. <fpage>8</fpage>&#x2013;<lpage>25</lpage>, <publisher-name>Regnum Books International</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0039"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Yancey</surname>, <given-names>G</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Garland</surname>, <given-names>D.R</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<chapter-title>Congregational social work</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>T</given-names>. <surname>Mizrahi</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>L.E</given-names>. <surname>Davis</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Encyclopedia of social work</italic></source>, pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>17</lpage>, <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.10.1093/acrefore/978019995839.013.882">https://doi.10.1093/acrefore/978019995839.013.882</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p>Republished: 30 June 2023</p></fn>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Van der Merwe, W., 2023, &#x2018;Diens van barmhartigheid of diakonaat &#x2013; hoe belangrik is &#x2019;n naam?&#x2019;, <italic>Verbum et Ecclesia</italic> 44(1), a2783. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ve.v44i1.2783">https://doi.org/10.4102/ve.v44i1.2783</ext-link></p></fn>
<fn><p><bold>Note:</bold> Special Collection: Diakonia. This article was republished with an updated abstract to include the omitted English title. The publisher apologises for any inconvenience caused.</p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Belangrike gesprekke in hierdie diskoers het byvoorbeeld plaasgevind by die tiende algemene vergadering van die W&#x00EA;reldraad van Kerke (WRK) wat in 2013 in Busan, Korea gehou is, asook by die Internasionale Konsultasie oor die verhouding tussen kerke en gespesialiseerde organisasies wat deur die WRK en Action by Churches Together Alliance (ACT Alliance) in 2014 in Malawi gehou is. Gesprekke hieroor in die Lutheran World Federation (LWF) het onder meer gelei tot die publikasie van <italic>Diakonia in context: Transformation, reconciliation, empowerment</italic> (2009). Sien in die verband ook die artikel van Dietrich Werner en Matthew Ross (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">2021</xref>).</p></fn>
<fn id="FN0002"><label>2</label><p>Die familie van NG Kerke omvat die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) asook die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA), die NG Kerk in Afrika (NGKA), asook die Reformed Church in Africa (RCA). Laasgenoemde drie kerke het uit die sendingwerk van die NG Kerk ontstaan.</p></fn>
<fn id="FN0003"><label>3</label><p>In hierdie artikel verwys die term NG Kerk deurgaans na die denominasie, die NG Kerk. In die artikel kom ook verwysings na die NG Kerk in Suid-Afrika voor. Laasgenoemde term is die amptelike benaming van die NG Kerk Wes- en Suid-Kaapland, een van die samestellende sinodes van die NG Kerk. Hierdie sinode is vroe&#x00EB;r ook die Kaapse Sinode genoem.</p></fn>
<fn id="FN0004"><label>4</label><p>&#x2019;n Gesprek tussen verteenwoordigers van die Kerklike Maatskaplike Diensteraad en Algemene Sinode van die NG Kerk se taakspan: Missionale Diakonaat wat op 06&#x2013;08 April 2021 te eMseni konferensiesentrum, Benoni, plaasgevind het.</p></fn>
<fn id="FN0005"><label>5</label><p>Hierdie tipering van die &#x2018;zinkende deel van ons volk&#x2019; kom uit die Herderlike Brief wat die Kaapse Sinode van 1894 aan al haar gemeentes gestuur het (Botha <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1957</xref>:144).</p></fn>
<fn id="FN0006"><label>6</label><p>Die konsep &#x2018;Innere mission&#x2019; is in die 19de eeu deur Johann Wichern (1808&#x2013;1881) in Duitsland gevestig. Die Sentrale Komitee vir Innere Mission van die Protestantse Kerk van Duitsland is in 1849 gestig. Tydens &#x2019;n konferensie wat in 2015 by die Hugenote Kollege op Wellington, Suid-Afrika gehou is om die eerste honderd jaar van sinodaal georganiseerde diens van barmhartigheid in die NG Kerk te vier, het prof Johannes Eurich van die Universiteit van Heidelberg, Duitsland, aangetoon dat hierdie konsep waarskynlik deur die buitelandse werk van die Duitse Protestantse Kerk in Suid-Afrika bekend geraak het.</p></fn>
<fn id="FN0007"><label>7</label><p>Die sinode van die NG Kerk in Natal, die Transvaalse sinode en die sinode van die NG Kerk in die Oranje-Vrystaat.</p></fn>
<fn id="FN0008"><label>8</label><p>Dr. P. Du Toit, voormalige Sekretaris van die Transvaalse Armesorgkommissie en lid van die eerste Carnegie-ondersoekkommissie wat ondersoek ingestel het na die verarming van blanke Suid-Afrikaners, het hierdie term verkies bo die term &#x2018;armblanke&#x2019; wat na aanleiding van die Carnegie-ondersoek gevestig geraak het. In <italic>Die salf van eie gom</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1971</xref>:65) skryf hy: &#x2018;Toe ek in 1931 begin het met rondreise om ons volksprobleem asook die moontlike redmiddels onder die aandag te bring, het ek uit my pad gegaan om die woord &#x201C;armblanke&#x201D; uit ons gedagtes en woordeskat weg te swyg&#x2019;.</p></fn>
<fn id="FN0009"><label>9</label><p>In &#x2019;n publikasie <italic>Weldadigheid en mededeelsaamheid</italic> wat in 1976 verskyn het, beskryf De Klerk &#x2018;weldadigheid en mededeelsaamheid&#x2019; (Heb 13:16) as kernbegrippe van &#x2019;n priesterlik geaarde offerdiens en derhalwe ook van die kerk se barmhartigheidsdiens.</p></fn>
<fn id="FN0010"><label>10</label><p>Die opskrif van hierdie omskrywing is &#x2018;Diens en getuienis&#x2019;, <italic>die wesenstaak van die kerk</italic> wat &#x2019;n goeie samevatting is van die kern van die diensgroep se argument naamlik dat gemeentes wesentlik mission&#x00EA;r diakonaal van aard is.</p></fn>
<fn id="FN0011"><label>11</label><p>Hierdie Diensgroep het die Algemene Kommissie vir Gemeentebediening waarna vroe&#x00EB;r verwys is in 2004 vervang.</p></fn>
<fn id="FN0012"><label>12</label><p>In di&#x00E9; verband merk Hendriks (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2007</xref>:1002) op: &#x2018;[<italic>T</italic>]he missional paradigm pursues a missional and practical ecclesiology: it develops a methodological strategy on how to be a contextually relevant church&#x2019;.</p></fn>
<fn id="FN0013"><label>13</label><p>Die Raamwerkdokument (2013) beskryf die diakonaat van die kerk soos volg: &#x2018;Die diakonaat van die kerk is meerkantig en verskillende tipes diakonaat kan onderskei word, soos die bediening van God se barmhartigheid en omgee vir mense en die natuur, die bediening van God se versoening en vrede, die bediening van God se geregtigheid&#x2019; (par. 10).</p></fn>
<fn id="FN0014"><label>14</label><p>Hierdie koersverandering in die WRK ten opsigte van die diakonaat is &#x2019;n belangrike rede waarom die term <italic>diakonia</italic> nie vastrapplek in die NG Kerk kon kry nie. In die inleidende hoofstuk van die handboek vir die diens van barmhartigheid wat in 1990 deur die AKDB uitgegee is, waarsku De Klerk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1990</xref>:4) teen &#x2018;die geweldige aksentuering van die diakonale dienste deur die horisontalistiese teologie&#x2019; en &#x2018;die opkoms van die sogenaamde &#x201C;politieke diakonaat&#x201D; met sy hoofsaaklike klem op die verandering van strukture aan die hand van politieke programme&#x2019;.</p></fn>
<fn id="FN0015"><label>15</label><p>Die tema van hierdie konsultasie was <italic>Diakonia 2000, Called to be neighors</italic> en dit is gehou by Lanarca, Ciprus.</p></fn>
<fn id="FN0016"><label>16</label><p>Die pionier in hierdie verband is waarskynlik die <italic>Diakoniewissenschaftliches Institut</italic> aan die Fakulteit Teologie, Universiteit van Heidelberg, Duitsland, wat reeds in 1954 tot stand gekom het. In Europa en Skandinawi&#x00EB; bestaan daar ook talle (kerklike) universiteite wat spesialiseer in diakonale studies en teologie. In 2010 het die <italic>International Society for the Research and Study of Diaconia and Christian Social Practice</italic> (Redi) tot stand gekom. Hierdie werkgemeenskap gee ook &#x2019;n vaktydskrif uit met die titel <italic>Diaconia. Journal for the Study of Christian Social Practice</italic>.</p></fn>
<fn id="FN0017"><label>17</label><p>In &#x2019;n doktorale studie wat in 2015 aan die VU, Amsterdam voltooi is, gee Carlos Ham Stannard &#x2019;n goeie oorsig van die besinning oor ontwikkeling in die W&#x00EA;reldraad van Kerke die afgelope vier dekades.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>