This article makes an interdisciplinary contribution to the theological discussion within the Afrikaans-speaking churches from the perspective of systematic and practical theology.
Wêreldwyd word die gaping tussen ryk mense en arm mense net groter. Die hele samelewing is gebou op hierdie dualistiese denke en politici en welvarende lande probeer dit te verdoesel deur allerhande terme daarvoor te gebruik. So praat ons byvoorbeeld van ontwikkelde lande en ontwikkelende lande, of eerste wêreld- en derde wêreld-lande. Binne die Afrika konteks en meer spesifiek binne die Suid-Afrikaanse konteks is dit nie veel anders nie. As Afrikaanssprekende gelowiges is ons pynlik bewus dat ons nie maar kan kerkwees soos in die verlede nie. Die wêreld waarin ons leef het te veel verander as gevolg van politieke skuiwe, globalisering, die vierde industriële revolusie ensomeer. Dit is veral waar vir ons as Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners sedert 1994, toe ons begin deelneem aan ’n demokratiese politieke bestel. Die hartseer is dat veral binne die Suid-Afrikaanse konteks die onderskeid tussen ryk mense en arm mense steeds grotendeels ook volgens rasseklassifikasies loop, wat lei tot nog groter verdeeldheid in die samelewing. Tog is ekonomie, rasseklassifikasie, ensovoorts, nie die enigste verdelende faktore in die samelewing nie. Ook die kerk, die instelling wat eenheid, versoening en geregtigheid in die samelewing moet bevorder is ’n verdere verdelende faktor (Du Toit
Die Afrikaanssprekende kerke in Suid Afrika (waaroor dit in hierdie artikel handel) het van die vroegste tye af die armoede in eie geledere sowel as in die Suid-Afrikaanse gemeenskap aangespreek deur haar barmhartigheidsbediening. Die diakonale bediening van die Afrikaanse kerke is verskraal tot ’n barmhartigheidsbediening teenoor ’n diakonale bediening. Hierdie artikel wil dus die diakonaat beskryf en verstaan binne die breëre ekumeniese verstaan van die wêreldkerk en die triniteit. Wanneer enige bediening van die kerk teologies beskryf word, kan dit slegs geskied deur identiteitsvrae te antwoord. Vrae soos: Wie is ons? Waar kom ons vandaan? En waarheen is ons oppad? Sulke identiteitsvrae is belangrik aangesien die kerk God verteenwoordig in en voor die wêreld en die kerk ook die wêreld verteenwoordig by God (Moltmann
Daar is verskillende maniere/teorië van waaruit ons die diakonaat kan beskryf. Enkele voorbeelde sonder om in detail in te gaan sou kon wees:
vanuit ervaring; dan beskryf ons die diakonaat fenomenologies vanuit die kultuur/konteks waarin dit geskied. Of ons sou dit.
sosiologies kon beskryf vanuit die sosiologiese raamwerk waarin dit funksioneer. Of ons sou dit.
histories kon beskryf en dan insig kry in hoe dit histories ontwikkel en verander het.
Die punt is dat die beskrywing van diakonaat vanuit verskillende plekke (subjekte) kan kom. Wanneer ons dus oor die diakonaat praat of dit beskryf moet ons telkens die volgende vrae beantwoord: Vir wie en in wie se belang skryf ons? Wie moet en/of kan hierdeur bevoordeel word? Wanneer ons in die artikel oor die teologie van die diakonaat skryf, skryf ons in die eerste plek met die oog op die kerk van Christus (sien ’n volledige beskrywing oor die kerk later in die artikel), en hoofsaaklik vanuit die konteks van die Afrikaanse kerke in Suid Afrika, tot voordeel van die samelewing.
Die teologiese fundering van die diakonaat is belangrik aangesien dit nie net ’n veranderende samelewing en die nood in die wêreld is wat die kerk roep tot diens nie. Die kerk word in die eerste plek geroep tot diens deur die trinitariese God. Dit is God wat die kerk onrustig en ongemaklik maak in hierdie wêreld deur die opgestane Christus en die werking van die Gees. Christus is gekruisig en het opgestaan sodat die wêreld anders as wat dit tans is, kan wees en funksioneer. En die Heilige Gees werk in besonder in en deur die kerk om die koninkryk van God meer en meer ’n werklikheid te maak. Die kerk verander dus nie in die eerste plek omdat die samelewing verander nie; die kerk verander omdat die liefde van Christus die kerk dring, en die vernuwing van die Gees haar deelname aan God se verlossende werk in ’n veranderende samelewing rig en bepaal. Dit is die trinitariese God self wat die kerk roep, onrustig maak en dring om te verander.
Die kerk lewe eerste in gehoorsame verantwoordelikheid teenoor God die Vader aan wie die skepping behoort (Ps 24:1), gedring deur die liefde van Christus, bemagtig met gawes en krag deur die Heilige Gees (1 Kor 12; Hand 1:8) en in verantwoordelikheid teenoor die samelewing waarvan die kerk deel is (Rom 1:14). Die kerk leef haar getuienis in die wêreld. Sy het die voorreg om deel te neem aan God se aktiwiteite in hierdie wêreld. Daarom kan daar geen onderskeid wees tussen haar verantwoordelikheid teenoor God en haar verantwoordelikheid teenoor die wêreld nie (Matt 22:36–40). Dit is nie twee sake nie maar een. So haal Dietrich (
Die belangrike skuif wat deur die missiologie gekom het rakende die verstaan van die triniteit is die verstaan van God as ’n missionêre God [
Cilliers (
Die
Daar word redelik algemeen gepraat oor die
Die doel van die diakonaat is die verheerliking van God. Die doel van die mens en van die totale skepping, van die
Die doel van Christus se sending is versoening. Versoening tussen God en mens, tussen mens en mens, en tussen mens en die skepping. Om hierdie versoening te bewerk tree Christus as die groot
God does not desire glory without his glorification through man and creation in the Spirit. … God does not desire to be united with himself without the uniting of all things with him. It is in this context that the vision in Revelation belongs in which ‘Salvation’ (
Wat baie duidelik is uit die bogenoemde aanhaling is dat verheerliking, redding en
As diakonaat en
Diakonaat het dus ten doel om ryk mense en arm mense se nood aan te spreek deur hulle in gemeenskap met mekaar, met die skepping en met God te laat leef. Die vraag is dus nou: Maar wie moet die diakonaat doen? Of: Hoe neem ons deel aan die
As ’n korringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit net een enkele korrel; maar as dit sterf, dra dit baie vrug. Wie sy lewe liefhet, verloor dit; maar wie sy lewe in hierdie wêreld gering ag, sal dit vir die ewige lewe behou.
Dit is dus duidelik, die volgelinge van Christus, die kerk is die diaken, nie net enkele individue nie, nie net die wat geroep is tot die diakenamp nie, maar elke gelowige, elkeen wat gedoop is. Dit bring ons by die verhouding tussen diakonaat, kerk en koninkryk.
In haar teologiese verstaan en leer oor die diakonaat leef die kerk in die volgende drie dimensies: voor God, voor die wêreld, en voor die toekoms. Hierdie dimensies bepaal die hoe van haar bediening, aangesien die kerk ’n ‘oop’ kerk is. Oop vir God, oop vir die mens en oop vir die toekoms van God en die mens (Moltmann
Tog, in die post-Christendom era waarin ons leef is gelowiges veral Protestantse Christene almeer geneig om hul Christelike identiteit los te maak van deelname aan die kerk. Dit word veral weerspieël in die afname van lidmaatgetalle in die Afrikaanse kerke. So sal baie mense hulleself as Christene beskou en ’n wonderlike bydrae lewer tot die verbetering van individue en die samelewing se omstandighede sonder om aan ’n geinstitutionaliseerde kerk te behoort. Dus, om lidmaat van die kerk te wees is deesdae ’n byvoeging tot Christelike identiteit en nie langer meer deel van wat dit beteken om ’n Christen te wees nie (Paas
God has first and foremost a relationship with the Church, and through the Church he builds relationships with individuals. To be a Christian means to belong to the Church, and so to belong to God. (Paas
Die implikasies van hierdie verstaan van die rol van die kerk in die diakonaat kan as volg saamgevat word: Die kerk is die liggaam van Christus, die groot
This is not only related to unity in faith and the need to work for growth in agreement on faith issues but it also means unity in life; unity in the Christian Church’s common effort to serve each other and the whole creation. (p. 95)
Onder die hoofskap van Christus en deur die werking van die Gees het die kerk nie ’n sending of ’n diakonaat nie. Dit is nie die kerk wat Christus en die Gees administreer deur die verkondiging, sakramente, bedieninge of tradisies nie. Nee, Christus as hoof administreer deur sy Gees die kerk se verkondiging en geloof, sakramente en genade, bedieninge en tradisies (Moltmann
Diakonaat is Christelik, ekklesiologies, en spiritueel in wese, en waar dit so verstaan word is dit duidelik dat die kerk die enigste agent is wat diakonaat kan beoefen. Nie omdat dit die enigste organisasie is wat goeie dade doen en nood verlig nie, maar omdat dit die enigste organisasie is wat deur die liefde van God gedryf word en dit in gehoorsaamheid aan God doen tot sy eer. Dit gaan dus hier oor ’n gemeenskap van gelowiges wat aan God behoort (Paas
Hierteenoor daag ’n Christologiese ekklesiologie, bedoelende waar Christus die hoof van die kerk is, die huidige diakonaat uit. Binne ’n Christelike ekklesiologie is elke stelling oor die kerk in wese ’n stelling oor Christus – dit is tog wat die inkarnasie beteken? Dit is juis deur die diakonale bediening van die kerk wat die inkarnasie van Christus in die samelewing plaasvind. Elke diakonale daad en stelling verwys na Christus en is ook ’n stelling oor sy kerk. Maar Christus is ook baie meer as net die kerk en kan nie in die kerk vasgevang word nie. Hy is nie net die hoof van die kerk nie; hy is ook die koning van sy koninkryk waarin die kerk net ’n dienskneg is. Dus, waar Christus as hoof van die kerk bely en gevolg word, plaas gelowiges hulle totale lewe onder sy heerskappy (2 Kor 5:15) in sy koninkryk en is/word elke gelowige ’n diaken/dienskneg (Joh 12:26). Waar dit gaan om die eer van God en waar Christus se belange gedien word mag en kan
The unity of the triune God is the goal of the uniting of man and creation with the Father and the Son in the Spirit. The history of the kingdom of God on earth is nothing other than the history of the uniting of what is separated and the freeing of what is broken, in this being the history of the glorification of God. If the unity of God were described in the doctrine of the Trinity by
Waar diakonaat nie tot
Moltmann (
Jesus se identifikasie met die van die regter en met die ‘geringste broers’ is ’n parallel met die identifikasie van Christus met sy kerk, die gemeeskap van die gelowiges. Soos wat Christus teenwoordig is in sy kerk, so is die regter teenwoordig in die ‘geringste broers’.
But if the thesis ‘ubi Christus, ibi ecclesia’ is to be considered a valid one, then this story with its promise of the presence of the Judge of the world is part of the doctrine of the church and the place where it is to be found. (Moltmann
Daar is ook ander Skrifgedeeltes waar ’n persoon ‘’n Christus soos Christus’ vir iemand word. Gewoonlik is dit die persoon wat misgekyk word, die Lasarus voor die ryk man se deur wat soos Christus word, ’n redder en ’n regter.
Die diakonaat of Christelike programme van naasteliefde, barmhartigheidswerk, versorging van die armes en ontwikkelingswerk vanuit die kerk verdoesel dikwels hierdie punt. Want in die kerk dink ons, ons sal die honger, dors, naakte, gevange Christus kan help met bietjie moeite. Maar dit gaan nie in die diakonaat net oor die liefde nie. Dit gaan ook oor geloof, die geloof, dat in die ‘geringste van die broers’ Christus wag op die liefdesdade van die geregverdigde mens. Die ‘geringste van die broers’ is nie die objek van die diakonaat nie, hulle is die latente teenwoordigheid van die redder en die regter van die wêreld, die punt wat redding of oordeel bepaal. Die verskuilde teenwoordigheid van die terugkerende Christus in die ‘geringste broers’ hoort dus tot die ekklesiologie. Wanneer Matteus 25 so vanuit die ekklesiologie gelees word bring dit ’n spanning in die kerk wat sy waarheid vind in die teenwoordigheid van Christus. Want waar is die ware kerk? In die gemeenskap van die gelowiges waar die Woord en die sakramente gedeel word, of in die latente broederskap van die regter versteek in die ‘geringste van die broers’? (Moltmann
But if the church, in appealing to the exalted Christ’s promises of authority, understands itself as his earthly presence, must it not also, and with equal emphasis, seek the presence of the world’s humiliated Judge? Evidently there are two brotherhoods of Christ, the professed and professing brotherhood which is the community of the exalted one; and the unknown and disowned brotherhood of the least of men with the humiliated Christ. If the church appeals to the crucified and risen Christ, must it not represent this double brotherhood of Christ in itself, and be present with word and Spirit, sacrament, fellowship and all creative powers among the poor, the hungry and the captives? (Moltmann
In die apostolaat en/of gestuurdheid leer ons wat die kerk is. In die ‘geringste broers’ leer ons waar die kerk behoort. Wanneer die kerk God buite die kerk erken, is die kerk dankbaar vir hierdie tekens dat die God groter is as die kerk en dat sy teenwoordigheid en reddingsdade wyer as die kerk strek, en raak die kerk betrokke by die koninkrykswerk van God (Moltmann
Uit die bogenoemde is dit duidelik dat ons dan nie sommer net van Christenskap buite die kerk of die werk van die Gees buite die kerk kan praat nie. Want die vraag is nie hoe reageer mense buite die kerk op die kerk en sy bedieninge nie, maar eerder hoe reageer die kerk op die teenwoordigheid van Christus in die geringstes, in die buitekerklikes. Die bedoeling is dus nie om Christene buite die kerk binne in die kerk in te bring nie – dit is die werk van die Gees – maar eerder die kerk sigbaar te maak deur die diakonaat in Christus se beloofde teenwoordigheid:
Waar die diakonaat en die verlossing trinitaries verstaan word het die verlossing altyd sosiologiese en politieke implikasies, aangesien God se verlossing holisties verstaan moet word. ’n Diakonale kerk wat onder die Here Jesus Christus leef en meewerk aan die koms van die koninkryk van God kan nooit a-polities van aard wees nie. Verlossing is nie in die eerste plek om salig te lewe en te sterwe nie. Verlossing is altyd verlossing tot deelname aan die nuwe gemeenskap in Christus (die kerk), en deelname aan die verlossende bediening van Christus se heerskappy. In die opsig is verlossing altyd revolusionêr. Daarom sal verlostes altyd rebelleer en getuig teen uitbuiting en verdrukking van die natuur en mense. Revolusionêre teologie verstaan dus revolusie as die uitleef van ’n innerlike bekering, aan die hand van
Die diakonaat kom voort uit die wese van die trinitariese God, Vader, Seun en Gees, terwyl die diakonale roeping van die kerk die voorreg is om deel te neem aan die verlossingdade waarmee God besig is en kant te kies teen elke vorm en uitvloeisel van ongeregtigheid (Moltmann
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
J.J.K. is die enigste outeur betrokke by die skryf van dié artikel.
Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.
Die artikel het geen befondsing van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore ontvang nie.
Datadeling is nie van toepassing op die artikel nie, aangesien geen nuwe data in hierdie studie geskep of ontleed is nie.
Die sienings en menings wat in die artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeur nie.
Republished: 30 June 2023