Die integrering en koördinering van die bedienings in ’n missionale gemeente is ’n komplekse saak. Integrering verwys na die inter verweefdheid, en koördinering na die gesamentlike funksionering van die bedienings. Tydens die PhD-navorsing wat hierdie artikel voorafgegaan het, is ondersoek ingestel met betrekking tot die rol wat bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel. Die sleutel konsepte van die studie is gemeentebou, die identiteit van die kerk, missionale gemeentewees en die integrering en koördinering van die bedienings.
In dié navorsing is agt modi van bedienings (leitourgia, paraklesis, kubernesis, didache, koinonia, diakonia, marturia en kerugma) gekies, waar elke modus daar is om die kommunikasie van die evangelie te dien. Elke bedieningsmodus én almal saam is drie-dimensioneel in die sin dat elkeen diens aan die Trinitariese God, diens aan mekaar en diens aan die wêreld is (Nel
Nel (
Die probleemvraag van die artikel is die volgende: ‘Is gemeenteleiers bewus van die rol wat die bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel, en hou hulle daarmee rekening dat die bedienings gesamentlik funksioneer, interverweefd is en mekaar optimaliseer?’
Nel (
(1) ’n Konsep waar die gemeente haar identiteit ontdek en ontwikkel.
(2) ’n Konsep van reformasie.
(3) ’n Konsep van integrering en koördinering van al die bedienings.
(4) ’n Konsep van langtermynbediening.
(5) ’n Konsep van afhanklikheid van God. (bl. 25–88)
Die fokus val gevolglik op identiteit: die integrering en koördinering van al die bedienings ten einde identiteitsontdekking en -vorming op ’n hermeneutiese vlak te fasiliteer. Nel (
Die teoretiese kern van dié artikel is te vind by Nel (
Osmer (
Osmer sê in hierdie groepe is daar ’n interverweefdheid tussen die opbou en gestuurdheid van die kerk, waar die diakonia byvoorbeeld die koinonia versterk, maar ook die didache verdiep. ’n Missionale gemeente neem vorm aan soos wat dit
Die Nederlandse teoloog, Jacob Firet (Nel se teologiese mentor), het aan ons die woordeskat gegee om van God se koms na die kerk én na die wêreld deur middel van bedienings te praat. Firet het met drie bedienings (prediking, onderrig en pastorale sorg) gewerk en hoewel Nel (
In navolging van Firet, voer Nel (
Waar Firet die term ‘
Samevattend kan gesê word dat die bedienings God se koms na die kerk en wêreld fasiliteer, maar ook identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer.
In hierdie gedeelte word kenners se argumente met betrekking tot die rol wat die verskillende bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel, ondersoek.
Soos wat hieronder aangetoon word, is kenners dit eens dat ’n gemeente haar identiteit deur ál die bedienings kan ontdek en dat al die bedienings identiteitsontwikkeling kan fasiliteer.
Linden (
Wepener (
Dit is immers die kern en doelwit van die erediens – om vir dié wat saamkom om God te aanbid ’n ontmoetingsplek te skep waar hulle die lewende Christus kan ontmoet, en Hom dan spesifiek kan ontmoet as die verlossing wat God bewerk het. (bl. 11)
Daar bestaan ’n verbintenis tussen die liturgie van ’n geloofsgemeenskap en hul identiteitsvorming, en dikwels kom só ’n gemeenskap se identiteit via hul liturgie na vore. Wepener (
Liturgie word deur Pieterse (
Deur op sinvolle wyse binne ons tradisie op ’n vernuwende wyse ons liturgie ten opsigte van rituele en simbole in te rig kan die liturgiese viering ’n bydrae lewer tot die bepaling van ons identiteit en so die hoop bewaar. (bl. 344)
Dykstra (
Dingemans (
Dietrich et al. (
Guder (
Hy (Guder
Die ontwikkeling van ’n missionale gemeente gaan oor die waarheid dat gelowiges – individueel en korporatief – doelbewus opgebou word om deel te neem aan die
Wanneer Niemandt (
Nel (
Uit die bostaande is dit dus duidelik dat kenners oortuigend aangetoon het dat die kerk haar identiteit deur ál die bedienings kan ontdek en ontwikkel, en dat al die bedienings ’n rol te speel het in dié proses. Die literatuurstudie bevestig dus Nel se teorie.
In hierdie afdeling word daar na die integrering en koördinering van die bedienings as sisteemdenke gekyk, die noodsaaklikheid van ál die bedienings word beklemtoon, en daar word geraak aan sinergie as aksie van vermenigvuldiging (Daellenbach, McNickle & Dye
Dié gewaarwording het nie die belangrikheid van individuele elemente of gebeure ondermyn nie. Die fokus het egter van die ‘onderdele’ geskuif na die ‘sisteem waaraan die onderdele behoort’. Dit het ’n nuwe denkrigting, wat vandag as sisteemdenke bekend staan, tot gevolg gehad. Wat ook al beskryf moes word, is as iets wat deel is van ’n groter prentjie gesien, en beskryf in terme van wat die betrokke element se rol in die sisteem is (Daellenbach et al.
De Wit (
In die eerste plek moet leiers die vaardighede hê om die verhoudings en verbintenisse raak te sien (vgl. Senge
Tweedens moet leiers besef dat sisteme wat swak ontwerp is, meestal die blaam vir organisatoriese probleme moet kry: ‘
Senge beskryf sisteemdenke as ’n kunsvorm wat verandering kan genereer. Sisteemdenke kyk deur die detail van kompleksiteit om die onderliggende sisteme raak te sien wat na verlangde uitkomste kan lei. Dit beteken egter nie om die detail van kompleksiteit te ignoreer nie; inteendeel, dit dryf leiers om die detail van kompleksiteit in ’n koherente storie te organiseer wat lig werp op die oorsake van probleme en hoe dié probleme in die toekoms uitgesorteer kan word (Senge
Nel (
Stephan Covey (
Campbell en Goold (
Wat is tans die houding jeens die koördinering van besigheids eenhede (
Waar lê die grootste bron van sinergie en is dit al ten volle ontgin?
Is ons tans optimaal gerat vir geleenthede wat voor ons deur is?
Watter inisiatiewe met betrekking to sinergie moet laat vaar word? Watter nuwe moontlikhede moet ondersoek word en watter veranderings moet aan ons prosesse aangebring word? (bl. 278–279)
Gemeenteleiers kan moontlik waardevolle lesse by Campbell en Goold (
Parks (
Kwantitatiewe navorsing met betrekking tot die integrering en koördinering van bedienings is onder 139 van die Hoëveld Sinode se leraars gedoen, waarna half-gestruktureerde onderhoude met 16 ewekansig verkose leraars gevoer is (sien Marais
Van die kernsake wat uit die navorsing voortgespruit het, was:
Die gebrekkige begrip dat ’n gemeente se bestaansdoel en roeping vanuit haar missionale identiteit voortspruit.
Die bydrae wat die integrering en koördinering van die bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel, word heel moontlik nie ten volle begryp nie.
Nie al die leraars begryp ten volle die rol wat die bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel nie.
Wat duidelik na vore gekom het, was dat nie al die leraars saamstem met die stelling dat die gemeente waar hulle bedien, opgebou word wanneer daar ’n doelbewuste poging is om die bedienings te integreer en te koördineer ten einde identiteitsontdekking en -ontwikkeling te fasiliteer nie. Die respondente is gevra om aan te toon in hoe ’n mate hulle met die volgende stelling saamstem:
Die gemeente waar ek bedien word opgebou wanneer daar ’n doelbewuste poging is om die bedienings te integreer en te koördineer ten einde identiteitsontdekking en identiteits-vinding te fasiliteer. (Marais
Slegs 34.5% van die leraars het beslis met die stelling saamgestem, en 15.8% het nie met die stelling saamgestem nie. Daar was 47.5% van die leraars wat nie ten volle oortuig was deur die stelling nie en net gedeeltelik daarmee saamgestem het dat die doelbewuste integrering en koördinering van die bedienings identiteitsontwikkeling fasiliteer.
Daar was 40.3% van die leraars wat gesê het dat hulle doelbewus besig is om die bedienings wat teenwoordig is te integreer, en 43.2% het aangedui dat hulle die bedienings doelbewus koördineer. ’n Meerderheid van die leraars (77.7%) begryp dat die bedienings mekaar nodig het, inter-verweefd is en op mekaar steun. Al die leraars is egter nie daarvan oortuig dat die doelbewuste integrering en koördinering van die bedienings identiteitsontwikkeling fasiliteer nie. Slegs 52.5% van die leraars stem beslis saam dat dit die geval is.
’n Afleiding wat uit die navorsing gemaak word, is dat die leraars nie ten volle oortuig is van die bydrae wat die afsonderlike bedienings tot identiteitsontwikkeling maak nie. Die afleiding word op grond van die volgende data gemaak:
Slegs 38.1% van die leraars stem beslis saam dat die bediening van leierskap en administrasie identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer.
Dat die bediening van pastorale sorg identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer, stem 51.8% van die leraars saam.
Dat die liturgie identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer, stem 53.2% van die leraars saam.
Dat die bediening van getuienis identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer, stem 45.0% van die leraars saam. Dieselfde persentasie van die leraars (54.0%) stem saam dat onderrig identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer.
Dat koinonia identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer, stem 63.3% van die leraars saam.
Dat die diens van barmhartigheid identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer, stem 65.5% van die leraars saam.
Dat prediking identiteitsontdekking en -ontwikkeling fasiliteer, stem 69.8% van die leraars saam.
Al die leraars van die Hoëveld Sinode is dus nog nie naastenby oortuig van die rol wat die bedienings afsonderlik én gesamentlik in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel nie. Die data uit die kwalitatiewe navorsing het die kwantitatiewe data bevestig.
Die vraag ‘Hoe ontdek en ontwikkel ’n gemeente haar identiteit?’ is tydens die half-gestruktureerde onderhoude aan die 16 ewekansig verkose leraars gevra. Die rol wat die Skrif, leraar en omgewing in identiteitsontwikkeling speel, is beklemtoon en daar is genoem dat identiteitsontdekking uit ’n lewende verhouding met die Here voortspruit. Vier van die 16 leraars het na die belangrikheid van die erediens verwys, met drie wat klem geplaas het op die rol wat die gemeenskap van die gelowiges in identiteitsontdekking speel. ’n Kwart van die leraars het daarop gewys dat ’n gemeente se konteks en omgewingsfaktore ’n bepaalde invloed op haar identiteit uitoefen.
Die eerste deelnemer het as volg geantwoord:
‘Jy gaan hê ’n realistiese kyk na wat aan die gebeur is. Wat het ons? Wie is die mense wat hier is? Wat is min of meer die inhoud van die preke en kommunikasie? Jy gaan kyk die werklikheid in die oë, maar jy moet ook vra wat die gemeente se sterkpunte en leemtes is.’ (Marais
Identiteitsontdekking in Christus was die kern van die tweede deelnemer se antwoord, en die derde deelnemer het die sakramente en prediking uitgesonder. Die vierde leraar het gesê die gemeente neem die identiteit van die leraar aan, en in die volgende onderhoud is klem geplaas op die rol wat huisgodsdiens in identiteitsontdekking speel. Een van die deelnemers het die koinonia uitgesonder en die volgende geantwoord: ‘Dit lê vir my in verhoudings. In ons samekoms op Sondae en in ons gesprekke rondom braaivleisvure. Daar waar ’n ou kan gesels en deel’. ’n Ander deelnemer het gesê dat die kerk haar identiteit in die Skrif moet ontdek, met ’n volgende antwoord wat gesentreer het rondom lidmate wat hul identiteit ontdek wanneer hulle ’n verskil in hul omgewing maak. In die laaste paar onderhoude is visie, leierskap en die vra van die regte vrae beklemtoon:
‘Ek dink ’n gemeente moet begin deur die volgende vrae te vra: Wie is God? Hoe is God? Wie is God in ons omstandighede? Waar sien ons God? Hoe ervaar ons God? En dan moet ons as ’n gemeente daarop bou. Wat ook belangrik is, is die vraag oor hoe ons God se beelddraers en verteenwoordigers in ons omgewing gaan wees. Ons Godsvrae én die antwoorde op ons Godsvrae moet in gesprek gesit word met die vrae wat die omgewing vra.’ (Marais
Heelwat van die leraars het sporadies na die rol van die afsonderlike bedienings in die ontdekking en ontwikkeling van ’n gemeente se identiteit verwys. Daar is gepraat oor die diens van barmhartigheid, pastorale sorg, onderrig, liturgie, leierskap en administrasie, maar was daar nie één leraar wat na die gesamentlike funksionering van ál die bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling verwys het nie. Uit die 16 leraars het sewe nie na die bedienings se rol in identiteitsontdekking en -ontwikkeling verwys nie. Net twee van die leraars het in hul antwoord na drie of meer van die bedienings verwys.
Die kwalitatiewe data het die kwantitatiewe data bevestig, en dit is duidelik dat die rol wat die integrering en koördinering van bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel nie ten volle begryp word nie.
Dié navorsing het duidelik uitgewys dat gemeenteleiers nie genoegsaam en doelbewus besig is om die bedienings wat wel in die gemeente teenwoordig is, te integreer en te koördineer nie. Die navorsingsvermoede wat voorspruit uit Nel se teorie dat gemeenteleiers nie aldag daarmee rekening hou dat die bedienings gesamentlik funksioneer, inter verweefd is en mekaar optimaliseer nie, is bevestig en dit is duidelik dat nie al die leraars van die Hoëveld Sinode God se koms via die bedienings na die kerk én wêreld ten volle begryp nie.
Die meeste leraars van die Hoëveld Sinode verstaan heel waarskynlik nie die rol wat die bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel nie. Die gevolg van dié gebrekkige begrip is dat gemeentes nie ten volle as missionale gemeentes ontwikkel nie, en die rol wat die bedienings in dié proses kan speel, word nie optimaal ontgin nie.
Dit sal waardevol wees indien verdere navorsing gedoen kan word oor leraars se verstaan van sisteemdenke (binne ’n missionale gemeente) in ’n post-Christendom wêreld. Tweedens sal dit waardevol wees indien navorsing gedoen kan word oor hoe die integrering en koördinering van bedienings op ’n praktiese vlak in makro-gemeentes kan geskied. Derdens word voorgestel dat verdere navorsing gedoen word oor die rol wat die bedienings (afsonderlik en gesamentlik) in identiteitsontdekking en -ontwikkeling speel.
Die outeur wil graag vir Joyce Jordaan, Departement Statistiek by die Universiteit van Pretoria bedank.
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.