Original Research

Teologiekroniek - 'n Kollega bekroon met die Andrew Murray-prys

J.W. Hofmeyr
Verbum et Ecclesia | Skrif en Kerk: Vol 20, No 2 | a616 | DOI: https://doi.org/10.4102/ve.v20i2.616 | © 1999 J.W. Hofmeyr | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 10 August 1999 | Published: 10 August 1999

About the author(s)

J.W. Hofmeyr, University of Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (137KB)

Abstract

Groot was die nuus in die Fakulteit Teologie (Afd B) van die NG Kerk toe dit bekend geword het dat prof C I A (Cas) Vos die 1999 Andrew Murrayprys vir teologiese vakliteratuur ontvang het. Die prys wat vanjaar vir die twintigste keer toegeken is, is die grootste prys in Afrikaans vir publikasies van die aard. By 'n dinee op Dinsdagaand 4 Mei 1999 in 'n restaurant by die Staatsteater in Pretoria is die prys aan professor Vos oorhandig. Naas 'n erepenning en 'n oorkonde is 'n kontantbedrag van RIO 000-00 ook aan hom oorhandig. By hierdie glansgeleentheid is 'n Commendatio deur een van die beoordelaars vir die prys, professor J W (Hoftie) Hofmeyr uitgespreek. Dit word in sy geheel hier opgeneem.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2876
Total article views: 2501


Crossref Citations

No related citations found.